Lewis Carroll (1832–1898) was 'n Britse skrywer van beroemde kinderverhale, soos Alice se avonture in Wonderland en Alice deur die spieël.
Sy regte naam was Charles L. Dodgson. Hy was 'n wiskundedosent aan die Universiteit van Oxford.
Lewis Carroll | |
Carroll in 1863 | |
Geboortenaam | Charles Lutwidge Dodgson |
---|---|
Geboorte | 27 Januarie 1832 Daresbury, Cheshire, Engeland |
Sterfte | 14 Januarie 1898 Guildford, Surrey, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Skrywer, wiskundige |
Bekend vir | Kinderboeke |
Bekende werke | Alice's Adventures in Wonderland Throagh the Looking Glass |
Charles Lutwidge Dodgson is op 27 Januarie 1832 in Daresbury, Cheshire in Engeland gebore. Hy was die derde kind en die oudste seun in 'n gesin van elf kinders. In Januarie 1851 vertrek hy na Oxford, waar hy in 1854 cum laude in wiskunde van die Christ Church-kollege afstudeer. Later word hy dan ook 'n lektor daar.
Nadat Alice's Adventures in Wonderland in 1865 verskyn het, het hy talle positiewe resensies in die pers ontvang. In 1866, 1867 en 1868 verskyn daar elke jaar 'n nuwe uitgawe. Daarna is die boek tussen 1869 en 1889 ses-en-twintig keer in Engeland herdruk en begin talle vertalings daarvan in ander lande te verskyn (onder andere in Afrikaans).
In 1871 word 'n opvolg van sy beroemde boek onder die titel Through the Looking-Glass, and What Alice Found There gepubliseer. Sy verwronge roem en rykdom het egter sy werk as wetenskaplike oorskadu. Hy was tot 1881 'n dosent aan Oxford se Christ Church-kollege. Ná sy aftrede skryf hy die tweedelige Silvie and Bruno (1889–1893).
Dodgson sterf op 14 Januarie 1898 aan longontsteking in Guildford, waar hy ook begrawe is. Hy was 65 jaar oud.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Lewis Carroll, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.