Levitikus: Derde boek van der Bybel, kompos van 27 hoofstuks
Levitikus (Grieks: το Λευιτικόν βιβλίον, letterlik: boek van die Leviete; Hebreeus: ויקרא, Wajikra, letterlik: en hy het geroep) is die derde boek van die Hebreeuse Bybel en die derde boek van die Pentateug.
Die boek se naam dui aan dat die nageslag van Levi, die priesters en Leviete, 'n belangrike funksie het in dié faset van Israel se godsdiens wat in hierdie boek beskryf word. Levitikus handel oor die mens se benadering tot God.
Die boek was tussen 1440 en 1400 v.C. geskryf en Moses was die skrywer.
Die eerste sin van die boek is:
Die Here het vir Moses geroep en uit die tent van ontmoeting vir hom gesê: Praat met die Israeliete en sê vir hulle: Wanneer een van julle vir die Here 'n offer wil aanbied, kan hy dit aanbied uit sy beeste of uit sy kleinvee.
Voorskrifte vir deelname aan die kultus: rein en onrein 11:1-15:33
Die groot versoendag 16:1-34
'n Leefstyl vir die verbondsvolk 17:1-27:34
Kort samevatting
"Hoofstukke 1-7 beskryf die offerandes wat vereis was van beide, die gewone mens en die priesterdom. Hoofstukke 8-10 beskryf die toewyding van Aäron en sy seuns tot die priesterdom. Hoofstukke 11-16 word gewy aan die voorskrifte van die verskeie tipes onreinhede. Die finale 10 hoofstukke is God se riglyne aan Sy mense aangaande praktiese heiligheid. Verskeie feeste is ingestel vir die mense om Jehova God te vereer, byeen te kom en toe te pas volgens God se wette. Seëninge en vloeke sou toegepas word indien God se wette nie gehou of verwerp is (hoofstuk 26). Geloftes aan God word in hoofstuk 27 gedek.
Die primêre tema van Levitikus is heiligheid. God se opdrag in verband met heiligheid vir Sy mense is gebaseer op Sy eie heilige natuur (wese). ‘n Tema wat daarmee saamgaan, is versoening. Heiligheid moet voor God gehandhaaf word en heiligheid kan verkry word deur ‘n behoorlike versoening."
Hoofstukke van Levitikus
Hoofstuk 1
Die brandoffer (1:1-17)
Lev 1:4, “Daarna sit hy sy hand op die offerdier se kop sodat dit aanvaar sal word as versoening vir hom.”
Hoofstuk 2
Die graanoffer (2:1-16)
Hoofstuk 3
Die maaltydoffer (3:1-17)
Hoofstuk 4
Die sondeoffer (4:1-35)
Hoofstuk 5
Die skulfoffer (5:1-19)
Hoofstuk 6
Die skulfoffer (6:1-7)
Reëlings oor die brandoffer (6:8-13)
Reëlings oor die graanoffer (6:14-18)
Die hoëpriester se offer by sy salwing (6:19-23)
Reëlings oor die sondeoffer (6:24-30)
Hoofstuk 7
Reëlings oor die skuldoffer (7:1-7)
Die priester se aandeel aan die brandoffer en die graanoffer (7:8-10)
Reëlings oor die maaltydoffer (7:11-21)
Verbod op die eet van vet en bloed (7:22-27)
Die priester se aandeel aan die maaltydoffers (7:28-38)
Hoofstuk 8
Die priesterwyding (8:1-36)
Hoofstuk 9
Die priesters begin met hulle dienswerk (9:1-24)
Hoofstuk 10
Die dood van Nadab en Abihu (10:1-7)
Voorskrifte vir die priesters (10:8-20)
Hoofstuk 11
Rein en onrein kos (11:1-47)
Hoofstuk 12
Reiniging na swangerskap (12:1-8)
Hoofstuk 13
Oor velsiektes waardeur 'n persoon onrein gemaak word (13:1-46)
Oor skimmel wat onrein maak (13:47-59)
Hoofstuk 14
Reinigingsvoorskrif vir velsiektes wat onrein maak (14:1-32)
Reinigingsvoorskrifte vir huise (14:33-57)
Hoofstuk 15
Onreinheid by mans en vrouens (15:1-33)
Hoofstuk 16
Die jaarlikse versoening (16:1-34)
Hoofstuk 17
Die enigste offerplek (17:1-9)
Verbod om bloed te eet (17:10-16)
Lev 17:11, “Omdat die lewe van ‘n dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens.”
Hoofstuk 18
Oor seksuele verhoudings (18:1-30)
Hoofstuk 19
Ek is die Here julle God (19:1-37)
Lev 19:18, “Jy mag nie wraak neem of ‘n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself, Ek is die Here.”
Hoofstuk 20
Ek is die Here julle God (20:1-9)
Oor seksuele verhoudings (20:10-27)
Hoofstuk 21
Die priester moet heilig wees (21:1-24)
Hoofstuk 22
Oor die eet van die gewyde gawes (22:1-16)
Offers moet vir die Here aanneemlik wees (22:17-33)
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Levitikus, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.