Lemoentjiedoring

Die lemoentjiedoring (Cassinopsis ilicifolia) is 'n immergroen klouterplant of 'n klein boompie wat tot 5 meter hoog en 5 meter breed kan word.

Dit is 'n plant wat inheems is aan Eswatini, Lesotho, Suid-Afrika en Zimbabwe. Dit kom in Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor en dit is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.

Lemoentjiedoring
Lemoentjiedoring
Lemoentjiedoring
Blomme en vrug in Pretoria
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Icacinales
Familie:
Genus:
Spesie:
C. ilicifolia
Binomiale naam
Cassinopsis ilicifolia
(Hochst.) Sleumer, (1940)
Sinonieme
  • Cassinopsis capensis Harv. & Sond.
  • Cassine ilicifolia Hochst. ex Sond.
  • Cassine mucronata Turcz.
  • Hartogia ilicifolia Hochst.
  • Ilex dichotoma Bernh.

Die blare is glansend en teenoorstaande met getande rande. Die blommetjies is klein en daar is af en toe dorings. Die vruggies is sag en oranje wanneer ryp. Dit kan droogte en ryp weerstaan en kan in skadu of volson groei. Wildsbokke vreet die blare terwyl die vrugte deur voëls benut word.

Die vrugte is nie vir mense lekker nie, maar die sade van die vrugte is tradisioneel deur die Zoeloes as ornamente gedra. Hulle het ook die lemoentjiedoring se bas gebruik om 'n medisyne vir disenterie te maak.

Lemoentjiedoring
Lemoentjiedoring wat welig groei naby 'n fontein in KwaZulu-Natal
Lemoentjiedoring
Lemoentjiedoring in struikbos

Sien ook

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Larry PageRymStaalWikiLys van elemente volgens simboolOorstromingSelfmoordWeervoorspellingKaapstadLys van Suid-Afrikaanse musikanteVergelykings (taalkunde)SelfoonAspoestertjieNatuurlike hulpbronLys van myne in Suid-AfrikaKondensasieVarkgriepDataverwerkingWhatsAppByvoeglike naamwoordByKolonialismeRubik se kubusRussiese inval in Oekraïne sedert 2022VoornaamwoordDikdermRenaissanceIngenieursweseOrrelWiki CommonsGesonde dieetPubliekMIV/vigs in Suid-AfrikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMieliestronkSuiwelprodukOrthopteraGroot GatSuikersiekteAfkortingTienerGroepsdrukWater (molekuul)KlimaatveranderingMikro-ekonomieMahatma GandhiGeprosesseerde kosKartografieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalDundermStam (taalkunde)WinterFamilie (verwantskap)Jan van RiebeeckChris HaniSeksuele opwekkingLeestekenVryheid van spraakShakaOssewaJacques LootsJagluiperdSeksSitrusSkaakBiologieEmfiseemDuitse maselsAfrikaanse WikipediaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidChloorWieg van die MensdomAandagstreepWikipedia🡆 More