Lekkersing

Lekkersing is 'n klein dorpie omring deur swart heuwels in die afgeleë Richtersveld in Namakwaland.

Dit is via die R382-pad 'n 60 km oos van Port Nolloth. Met grondpaaie is dit noordwaarts 88 km na Kuboes en noordooswaarts 50 km na Eksteenfontein.

Lekkersing
Gehug
Lekkersing is in Noord-Kaap
Lekkersing
Lekkersing
Lekkersing Lekkersing se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°50′0″S 17°15′0″O / 28.83333°S 17.25000°O / -28.83333; 17.25000 17°15′0″O / 28.83333°S 17.25000°O / -28.83333; 17.25000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikNamakwa
MunisipaliteitRichtersveld
Oppervlak
 • Totaal0,63 km2 (0,24 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal363
 • Digtheid576/km2 (1 490/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Indiërs/Asiërs0.6%
 • Bruin mense97.5%
 • Swart mense1.7%
 • Ander0.3%
Taal (2011)
 • Afrikaans 98.9%
 • Ander 1.1%
Poskode (strate)
8283

Die plekkie is in 1926 gestig deur Ryk Jasper Cloete. Daar bestaan onsekerheid oor hoe dit aan sy naam gekom het. In die Namatradisie, wat hier nog sterk gehandhaaf word, bestaan daar verhale oor die naamgewing.

Daar word hoofsaaklik met bokke geboer. Mynhope wat te sien is, is die gevolg van die kwartsietmyn wat in 1964 begin is. Rooi- en goudkleurige plaveiklippe word wêreldwyd verskeep. 'n Gemeenskapsontwikkelingsprojek skep vanaf 1999 werk en verskaf groente, vrugte en kruie aan die inwoners. Toerisme begin al meer 'n bydrae tot die ekonomie lewer.

Reënval is slegs 50mm per jaar en die ondergrondse water is boonop effens brak.

In Lekkersing is 'n satellietkantoor van die Richtersveld Plaaslike Munisipaliteit. Die dorp se skool staan bekend as die Elizabeth Wimmer NGK Primêre Skool. Daar is geen vulstasie, restaurant, winkels of outobank in die dorpie nie.

Sien ook

Verwysings

Tags:

DorpEksteenfonteinKuboesNamakwalandPort NollothR382 (Suid-Afrika)Richtersveld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MonoloogKleurSydneyKatOlimpiese SomerspeleRenteSuiwelprodukDiamantLys van bekende Suid-AfrikanersVormWerkersdagBruin menseAlliterasieVolstruisTydsoneSkaapDansVlag van Suid-AfrikaKaliumNedersettingToringGrondsoorteVergelykings (taalkunde)Onderwerp (taalkunde)Bek-en-klouseerAssonansieGeboorteVolhoubare ontwikkelingAkuutWoordeboekAustraliëEskomArabies-Israeliese konflikLys van musiekinstrumenteAnale seksCheslin KolbeLeeudoringstad-spoorwegrampWaatlemoenLieweheersbesieTelwoordVoëlAnrich HerbstVlekvrye staalLiefdeKasterolieGoudkus (streek)Fisiese oefeningMalariaRasionale getalLugbesoedelingVarkgriepCristiano RonaldoBateDriedimensioneelAluminiumPerdWaterIdioomNazi-DuitslandLionel MessiLys van kleureBorskankerLongontstekingSwangerskapNoag se arkKongo-krisisGroot GatMaanNederlandsMiljardDuitse masels🡆 More