Lee Hsien Loong: 3de Eerste Minister van Singapoer sedert 2004

Lee Hsien Loong (Chinees: 李显龙; Tamil: லீ சியன் லூங்; gebore op 10 Februarie 1952) is 'n Singapoerse politikus.

Hy is die huidige en derde eerste minister van Singapoer sedert 2004 asook die sekretaris-generaal van die People's Action Party.

Lee Hsien Loong
Lee Hsien Loong
Lee in 2023

Eerste minister van Singapoer
Ampsbekleër
Termynaanvang
12 Augustus 2004
Vise Tony Tan
S. Jayakumar
Wong Kan Seng
Teo Chee Hean
Tharman Shanmugaratnam
Heng Swee Keat
Lawrence Wong
President S. R. Nathan
Tony Tan
Halimah Yacob
Tharman Shanmugaratnam
Voorafgegaan deur Goh Chok Tong

Sekretaris-generaal van die People's Action Party
Ampsbekleër
Termynaanvang
7 November 2004
Voorafgegaan deur Goh Chok Tong

Lid van die Singapoerse Parlement vir die Ang Mo Kio-groepverteenwoordigende- kiesafdeling
Ampsbekleër
Termynaanvang
21 Augustus 1991
Voorafgegaan deur Amp geskep

Persoonlike besonderhede
Gebore Lee Hsien Loog
10 Februarie 1952 (1952-02-10) (72 jaar oud)
Singapoer
Politieke party People's Action Party
Ouers Lee Kuan Yew (vader)
Kwa Geok Choo (moeder)
Eggenoot/-note Wong Ming Yang (1978–1982; haar dood)
Ho Ching (1984–hede)
Kind(ers) 4
Alma mater Trinity College
Harvard-universiteit
Handtekening Lee Hsien Loong: Vroeë lewe en opvoeding, Militêre loopbaan, Politieke loopbaan
Lojaliteit Singapoer
Diens/Tak Singapoer Weermag
Jare in diens 1971–1984
Rang Brigadier-Generaal

Lee is die oudste seun van die eerste eerste minister van Singapoer, Lee Kuan Yew.

Vroeë lewe en opvoeding

Lee is op 10 Februarie 1952 in Britse Singapoer gebore as die oudste seun van die toekomende eerste minister van Singapoer, Lee Kuan Yew, en sy vrou, Kwa Geok Choo. Hy het 'n BA-graad in Wiskunde asook 'n diploma in Rekenaarwetenskap aan Trinity College verwerf voordat hy as 'n Mason Fellow 'n meestersgraad in Publieke Administrasie aan Harvard-universiteit voltooi het.

Militêre loopbaan

In 1971 het Lee by die Singapoer Gewapende Magte (SAF) aangesluit, en het tussen 1974 en 1984 as 'n onderoffisier gedien, en het verskeie personeel- en bevelsposte beklee, insluitend Direkteur van die Direktoraat Gesamentlike Operasies en Planne, en Stafhoof van die Algemene Staf.

Hy het ook die United States Army Command and General Staff College in Fort Leavenworth in 1978 bygewoon.

Lee het vinnig deur die geledere in die Singapoer-weermag gestyg en die jongste brigadier-generaal in Singapoer se geskiedenis geword ná sy bevordering in Julie 1983 op die ouderdom van 31.

Lee het as bevelvoerder van die 23ste Bataljon Singapoer Artillerie in die Singapoer Weermag gedien voordat hy die SAF in 1984 verlaat het om sy politieke loopbaan te begin.

Politieke loopbaan

Lee het by die regerende People's Action Party waarvan sy vader leier was aangesluit. In die 1984-verkiesing is hy as die parlementslid vir die Teck Ghee Enkellid Kiesafdeling verkies. Hy is daarna as die Minister van Staat vir Handel en Nywerheid, en as die Minister van Staat vir Verdediging deur sy vader aangewys.

In 1987 is hy as waarnemende Minister van Handel en Industrie aangewys voordat hy die jaar daarna 'n volle lid van die Kabinet as die Minister van Handel en Nywerheid en die Tweede Minister van Verdediging geword het.

Op 28 November 1990 het Goh Chok Tong vir Lee Kuan Yew as eerste minister van Singapoer opgevolg. Lee is daarna as een van twee adjunk-eerste ministers aangewys.

Eerste minister van Singapoer

Op 12 Augustus 2004 het Lee vir Goh as eerste minister van Singapoer opgevolg. Hy het toe in November 2004 hoof van die People's Action Party geword. Onder sy leierskap het die PAP vier agtereenvolgende algemene verkiesings gewen.

Op 5 November 2023 het Lee sy besluit om as eerste minister en sekretaris-generaal van die PAP volgende jaar uit te tree aangekondig. Hy sal deur Lawrence Wong opgevolg word.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Lee Hsien Loong Vroeë lewe en opvoedingLee Hsien Loong Militêre loopbaanLee Hsien Loong Politieke loopbaanLee Hsien Loong Eerste minister van SingapoerLee Hsien Loong VerwysingsLee Hsien Loong Eksterne skakelsLee Hsien LoongChineesSingapoerTamil

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WikiquoteWerkersdagFrederik Willem de KlerkChristiaan BarnardLatynSimfonie-orkesMineraalLoftus MaraisHeupWikimedia-stigtingDemokrasieSekondêre sektor van die ekonomieHartversakingRenosterDooie SeeDialoog in fiksieEkonomie van Suid-AfrikaBoomLidwoordBaälEreksiePseudowetenskapMieliestronkErfenisdag (Suid-Afrika)ViëtnamoorlogLenteSlaginstrumentAnglisismeSeksuele stimulasieMenslike seksuele gedragMuisvoëlFrankrykKonsonantKontinentAppendiksGeskiedenis van die BoererepubliekeGesondheidDuitse maselsMetaalSuider-AfrikaFascismeElon MuskSeilvaartChris HaniJodeSokkerPad na jou hartAgtervoegselVryheidsmanifesGeelsugNatuurrampNagapieRivierGrondwet van Suid-AfrikaLys van kinderspeletjiesDaggaMosesLys van medisinale kruieHidroulikaByvoeglike naamwoordStresLKoekie (rekenaarwetenskap)Steenkool in Suid-AfrikaJeuksiekteGautengVormVerkleinwoordIngrid JonkerPizzaNarsistiese persoonlikheidsteuringDemi Lee MooreGeskiedenis van AfrikaansHeelgetalDrakensbergeTuberkulose🡆 More