Maagdetoring

Die Maagdetoring, ook onder die Turkse naam Kız Kulesi en in die Bisantynse tyd as die Leandros-toring bekend, is geleë op ’n klein eilandjie in die Bosporus in Istanboel, Turkye.

Maagdetoring
Die Maagdetoring in die Bosporus met sonsondergang.
Maagdetoring
Die keersy van die 10-lira-banknoot (1966–1981).

Geskiedenis

Die Maagdetoring is die eerste keer in 408 v.C. deur die antieke Atheense generaal Alcibiades laat bou om die beweging van Persiese skepe op die Bosporus te beheer. In dié tyd was die toring tussen die antieke stede Byzantion en Chrysopolis geleë. Dit is in 1110 n.C. vergroot en as ’n fort herbou deur die Bisantynse keiser Alexios I Komnenos. Die Ottomaanse Turke het dit verskeie kere gerestoureer en effens verander, veral in 1509 en 1763. Die laaste groot veranderings is in 1998 aangebring. Ná die aardbewing van 17 Augustus 1999 is dit versterk as voorsorgmaatreël.

Dit het eeue lank as ’n vuurtoring gedien en is nou omskep in ’n gewilde kafee en restaurant met ’n uitstekende uitsig oor die voormalige Romeinse, Bisantynse en Ottomaanse hoofstad. Private bote vaar ’n paar keer per dag na die toring.

Legende

Daar is baie legendes oor die bou van die toring en sy ligging. Volgens die gewildste Turkse legende het ’n sekere sultan ’n dogter gehad vir wie hy baie lief was. Eendag het ’n orakel voorspel dat ’n giftige slang haar op haar 18de verjaardag sou doodbyt. Die sultan het toe die toring in die Bosporus laat bou om sy dogter so ver as moontlik van die land en slange af te hou om haar te beskerm. Net die sultan mag haar besoek het.

Op haar 18de verjaardag het die sultan vir sy dogter ’n mandjie eksotiese vrugte gebring as ’n verjaardaggeskenk. Hy was verheug dat hy haar kon beskerm en die voorspelling fnuik. Toe sy egter ’n vrug uithaal, het ’n kobra wat tussen die vrugte weggekruip het, haar gepik en sy is in haar pa se arms dood. Dit is waar die naam "Maagdetoring" glo vandaan kom.

Die ouer naam, Leandros-toring, kom van ’n ander storie oor ’n maagd: die antieke Griekse mite oor Hero en Leandros. Hero was ’n priesteres van Afrodite wat in ’n toring by Sestos, aan die rand van die Hellespont (die Dardanelle-seestraat), gewoon het. Leandros, ’n jong man van Abydos aan die ander kant van die seestraat, het op haar verlief geraak. Hy sou elke aand oor die Hellespont swem om by haar te wees. Hero sou elke aand ’n lamp bo in die toring aansteek sodat hy kon sien waarheen om te swem. Een stormagtige winternag het die wind egter die lamp doodgewaai. Leandros het verdwaal en het in die woeste branders verdrink.

Vanweë die ooreenkoms tussen die Dardanelle en die Bosporus, het antieke Grieke en later die Bisantyne gemeen dié toring is die toring in die mite.

Die toring vandag

Vandag is daar ’n restaurant op die eerste verdieping van die toring en ’n kafee bo-in.

Die toring is uitgebeeld op die keersy van die Turkse 10-lira-noot van 1966–1981.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Maiden's Tower

Eksterne skakels

29°0′14.08″O / 41.0209472°N 29.0039111°O / 41.0209472; 29.0039111

Tags:

Maagdetoring GeskiedenisMaagdetoring LegendeMaagdetoring Die toring vandagMaagdetoring VerwysingsMaagdetoring Eksterne skakelsMaagdetoringBisantiumBosporusIstanboelTurksTurkye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tobie CronjéGoogle MapsXenofobieVioolStresSpysverteringstelselBeroertePornografieReënvalbepalingVars waterVeeChristendomOm-te-infinitiefkonstruksieLys van hoofstedeBoelieryBorskankerC. Louis LeipoldtCovid-19-pandemieAfrikaansAngolaMensBreinvliesontstekingYouTubeNasionale VrouedagMaselsInfeksieBorsteDwelmonttrekkingGroot GatMuskeljaatkatVryheidsdagAfkappingstekenEngelandSamestellingNamakwalandSoweto-opstandSpringbokkeSosiale mediaAustraliëSuurreënRugbyJodeBlourokkeJacobus Hendrik PierneefSwartbewussynsbewegingAkuutWiskundige terminologieOnse VaderLika BerningWêreld- Ekonomiese ForumVraag en aanbodEkonomiese sektorDiarreeWet op Bantoe-onderwysBayer 04 LeverkusenWaterbesoedelingMohammedAdolessensieSoortnaamRooikatLys van Afrikaanse televisiereekseTelevisieJan van TonderSlag van Cuito CuanavalePakistanBritse en Amerikaanse maateenhedeVennootskapCyril RamaphosaOmgewingsgesondheidSlaginstrumentNetbalHoërskool Sentraal, BloemfonteinInstagramWiskunde🡆 More