Lailat Al-'Kadr

Lailat al-'K(Arabies: لیلة القدر, letterlik: Nag van die Lotsbestemming of Nag van Krag) is in Islam 'n nag in die maand Ramadan toe die eerste soera van die Koran deur Gabriël aan Mohammed geopenbaar is.

Die presiese datum van dié nag word nie in die Koran genoem nie en kan net tot die onewe nagte van die laaste tien dae in Ramadan beperk word. Volgens die Islamitiese kalender begin 'n dag in ooreenstemming met die Skeppingsverhaal met sononder. Dit kan net een van die nagte van 21, 23, 25, 27 of 29 Ramadan wees. Oor eeue heen het verskeie tradisies rondom die presiese datum ontwikkel en veral die twee groot strominge van Islam, Soenniete en Sjiiete, verskil van mekaar.

Lailat Al-'Kadr
Mohammed ontvang sy eerste openbaring van die engel Gabriël aan die berg Hira, miniatuur uit 'n manuskrip van Rasjid ad-Dins, Wêreldkroniek Dsjami at-tawarich, 1307.
Lailat Al-'Kadr
Volgens die Islamitiese geloof het Mohammed die engel die eerste keer in die Hira-grot gesien.
Lailat Al-'Kadr
Iraniërs herdenk Lailat al-'Kin die Imam Reza-heiligdom.
Lailat Al-'Kadr
Iraniërs herdenk Lailat al-'Kin die Jamkaran-moskee.

Datums

Aangesien maande in die Islamitiese kalender altyd volgens die maan bereken word, wissel die datum van hierdie nag volgens die Gregoriaanse kalender.

Soennitiese Islam

Soenniete herdenk Lailat al-'Kop 27 Ramadan, maar die werklike viering begin altyd met sonsondergang op die vooraand (omdat 'n dag met sononder begin).

Jaar in die Islamitiese kalender Datum in die Gregoriaanse kalender
1441 20 Mei 2020 (Woensdag)
1442 9 Mei 2021 (Sondag)
1443 28 April 2022 (Donderdag)
1444 18 April 2023 (Dinsdag)
1445 6 April 2024 (Saterdag)
1446 27 Maart 2025 (Donderdag)
1447 16 Maart 2026 (Maandag)
1448 6 Maart 2027 (Saterdag)
1449 23 Februarie 2028 (Woensdag)
1450 11 Februarie 2029 (Sondag)
1451 31 Januarie 2030 (Donderdag)
1452 21 Januarie 2031 (Dinsdag)

Sjiitiese Islam

Sjiiete herdenk Lailat al-'Kop 23 Ramadan, maar die werklike viering begin met sonsondergang op die vooraand. Volgens die Sjiiete val 19 Ramadan saam met die aanval op Ali in die Mihrab, terwyl hy besig was met gebed in die Groot Moskee van Koefa, Irak. Hy is op 21 Ramadan oorlede.

Jaar in die Islamitiese kalender Datum in die Gregoriaanse kalender
1441 16 Mei 2020 (Saterdag)
1442 5 Mei 2021 (Woensdag)
1443 24 April 2022 (Sondag)
1444 14 April 2023 (Vrydag)
1445 2 April 2024 (Dinsdag)
1446 23 Maart 2025 (Sondag)
1447 12 Maart 2026 (Donderdag)
1448 2 Maart 2027 (Dinsdag)
1449 19 Februarie 2028 (Saterdag)
1450 7 Februarie 2029 (Woensdag)
1451 27 Januarie 2030 (Sondag)
1452 17 Januarie 2031 (Vrydag)

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Lailat Al-'KDatumsLailat Al-'KSien ookLailat Al-'KVerwysingsLailat Al-'KEksterne skakelsLailat Al-'KadrArabiesGabriëlIslamIslamitiese kalenderKoranMohammedRamadanSjiaSoenniSoera

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MondGewone tarentaalWhitey BassonNarkoseMuskeljaatkatKoorsDemensieArmand AucampKunsmatige intelligensieTongaanse nasionale rugbyspanEerste WêreldoorlogWiki CommonsErfenisVolksrepubliek ChinaJoodse kalenderMolotofbomNederlandKrokus Stadsaal-aanvalAfrikaanse WikipediaBarionALandbouWaarheid-en-versoeningskommissieTaalWerwelkolomAasblomWitbloedselAkira ToriyamaIntensiewe vormEstlandKriekSeksuele penetrasieSkoonma-se-tongMagda van BiljonCecil John RhodesLys van politieke partye in Suid-AfrikaSerafín DengraLeeu21 v.C.Desiré GardnerGNU-lisensie vir vrye dokumentasieSmaakJagluiperdKleinkolmuskeljaatkatFritz HaberHorlosieAfrikaPaasfeesKarakteriseringAarverkalkingNAVOHeilige SaterdagRussiese inval in Oekraïne sedert 2022NieuwoudtvilleGewone drolpeerJannie du ToitLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierGordelroosVoorhuidHeupvervangingGesinsdagSlukdermGeskiedenis van AfrikaansMisdaadSaharaCarles PuigdemontSonLys van kleureErica BoyerMeervoudKopieregSigaret🡆 More