Lavash

Lavash (Armeens: լավաշ, Azerbeidjans: lavaş, Persies: ﻟﻮﺍﺶ, Turks: lavaş) is 'n baie dun, ongesuurde Oosterse platbrood en belangrike bestanddeel van die Armeense, Azerbeidjanse, Turks-Anatoliese en Persiese kookkuns en geregte in dié lande.

Lavash
Lavash op 'n mark in Jerewan
Lavash
Volgens die tradisionele Armeense metode word lavash-deeg dun uitgerol en teen die verhitte binnewande van 'n klei-oond geklap

Die deeg vir lavash-brood word tradisioneel slegs van meel, sout en water berei, dun uitgerol en in groot buite-oonde of binnenshuise bakkamers gebak. Dun platbrode met 'n groot deursnee word teen die verhitte binnewande van 'n klei-oond geklap waar hulle binne 'n minuut of so klaargebak is.

Vars gebakte lavash kan nog maklik gevorm word, maar dit begin daarna vinnig droog en bros word. Vars lavash word derhalwe ook dikwels saamgerol om as toebroodjie of hulsel vir vleisgeregte te dien. Die laasgenoemde variant word in Turkye dürüm genoem. Gedroogde lavash kan weke of maande lank gestoor word. Voordat dit bedien word, word die platbrood effens met water bevogtig om dit sagter te maak.

Gedroogde lavash word in die Armeens-Apostoliese Kerk ook as hostie gebruik.

Etimologie

Volgens die Armeense Sowjet-ensiklopedie is lavash 'n samestelling van twee Armeense woorde, lav "goed" en ash "kos, gereg".

Verwysings

Eksterne skakels

Afrikaanse resepte

Media

Tags:

ArmeensAzerbeidjansPersiesTurks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Volhoubare ontwikkelingGeelhoutWelwitschiaHondGroepsgebiedewetInternetTreinErfenisdag (Suid-Afrika)Tropiese sikloonGriekwa-AfrikaansPoësieByMona LisaWolfPrimêre sektor van die ekonomieJeuksiekteWaterDesimale breukeSkoenlapperKappie (skryfteken)Provinsies van Suid-AfrikaLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBoelieryTafelbergMuskeljaatkatDriedimensioneelElon MuskHerfsGipsNarsistiese persoonlikheidsteuringAfrikaanse WikipediaKaapstadse waterkrisis 2015-2018Jan van RiebeeckBoontjieLettergreepLieweheersbesieKoorsblaarBernice WestMane van GalileiAardkorsGestremdheidKlankWitbloedselLys van Suider-Afrikaanse soogdierePlastiekAntoniemTuisbladWeerfrontHamburgerSeksUitwerking van klimaatsveranderingJaco JacobsJuraMisdaadMiddelmisbruikChemiese verbindingGeweldTuberkuloseHulpwerkwoordWikiquoteGeestesteuringFamilie (verwantskap)RomanRefentse MorakeMynbouNasiebouKindermishandelingSpinnekopSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Geskiedenis van AfrikaansPankreasAfrikaansVerlede tydMondAtoomVersamelnaam🡆 More