Laurika du Plessis (gebore Postma, Burgersdorp, Kaapkolonie, 17 Junie 1875 – Reddersburg, Oranje-Vrystaat, 4 Maart 1905) was ’n Gereformeerde onderwyseres en eerste eggenote van die teologiese professor dr.
Laurika was die vierde van die ses kinders uit ds. Dirk Postma, grondlegger van die Gereformeerde Kerk, se vyfde huwelik, op 20 Desember 1869 met Johanna Wilhelmina van Biljon (27 Mei 1854 – 12 Julie 1901). Haar sibbes was:
Vanaf 1892 was in die distrik Middelburg, Kaap, 'n distrikskosskool op die plaas Wolwekop, die eiendom van oudl. H.J.J. Duvenage. Die hoofonderwyser was mnr. D.H. du Plessis. Hier het mej. Laurika Posta skoolgehou voor haar huwelik. Die skool het goewermentsondersteuning gekry en deeglike onderrig aan 53 kinders van die plaaslike Gereformeerde gemeente gebied in Hollands, Engels, Bybelse geskiedenis, die geskiedenis van Suid-Afrika en in die belydenisskrifte.
Vyf kinders is uit haar huwelik gebore, van wie twee bekende Potchefstroomse hoogleraars sou word: proff. Wicus en Hugo du Plessis. Die ander kinders was Louise, Koos en Willemina (Wilhelmina of Mien, 1899–1982). Sy het getrou met Françcois Jacobus du Toit. Hy was 'n seun van sen. F.J. du Toit (1871–1931). Nog 'n kind, ook Laurika (gebore op 20 Februarie), is op 18 Maart 1905 oorlede, twee weke ná haar moeder.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Laurika du Plessis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.