Lansetvissies

Die lansetvissies (Cephalochordata) is 'n groep rugstringdiere sonder skedel, werwelkolom of kake.

Cephalochordata
Lansetvissies
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Cephalochordata

Vandag is daar net twee families met drie genera en ongeveer twintig spesies, maar hierdie groep moet baie oud wees en 'n groter verskeidenheid gehad het. 'n Fossiele vorm van 500 miljoen jaar gelede Pikaia behoort dalk tot hierdie groep. Omrede hulle liggaam geen harde dele het nie, is fossiele seldsaam. Daar is daarom min bekend oor hulle geskiedenis.

Lansetvissies het 'n ingegrawe lewenswyse in die seebodem op dieptes tussen 5 en 30 meter. Hulle filter plankton uit die water. Hulle is tot 5 cm lank en het liggevoelige orgaantjies aan die sykante van die kop.

Vanweë hulle anatomie is hulle baie belangrik vir die kennis van die Chordata omdat hulle toon watter bou die eerste Chordadiere se liggaam oorspronklik gehad het. Hulle het 'n notochord wat 'n elastiese rugstring vorm wat strek van die neuspunt tot die stert en waaraan die spiere van hul lyf geheg is. Hulle het geen ledemate nie. 'n neurale buis lê bo die notochord. In die embrionale stadium van alle chordadiere kan so 'n notochord aangetref word.

Anatomie

Lansetvissies 
1 Breinagtige sentrale plek
2 Chorda dorsalis
3 Neurale buis
4 Stert agter die anus
5 Anus
6 Spysverteringstelsel
7 Hart en bloedvate
  8 Porus in die onderbuik
9 Holte agter die keel
10 Kieuspleet
11 Keelholte
12 Mondholte
13 Mimosa
14 Mondopening
  15 Geslagsorgane
16 Liggevoelige sel
17 Senuwee
18 Onderbuik-laag of -plooi
19 Leweragtige sak

Verwysings

Lansetvissies  Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Nederlandse Wiki. Sien bron.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Regering van Suid-AfrikaNamibiese dollarStellenboschGemeenskapSpider-ManNic de JagerGewerweldesLys van politieke partye in Suid-AfrikaNathaniel RothschildDiarreeVerantwoordelikheidKoraalrifEkonomiese sektorSpringbokOmanLimpopoApartheidKankerGeskiedenis van die BoererepubliekeSlag van BloedrivierWortel (wiskunde)Verlede tydMarie PentzLugbesoedelingVurkhyserPolisieIroniePablo PicassoWellington, Wes-KaapDokterAkroniemHondeklipbaaiAntoniemDolfynSonneblomTelwoordPersentasieNadine BlomVenusZimbabwiese dollarBergskilpadSkilpadDriedimensioneelKapitalismeGeleedpotigesWolfDulcie van den BerghOnderwysBynierStadMaselsGalblaasRegeringMIVStudievaardighedeHipertensieReg tot ‘n gesonde omgewingPrieskaAssonansieE-posJudaïsmeSeksuele penetrasieNepotismeEjakulasieMasturbasieVingerseksArendGewone seekatOmgewingsbeheerRotskunsOrganisasie sonder winsoogmerkRobbeneilandAnrich HerbstPankreasGeografie van Suid-AfrikaWapen van Suid-AfrikaDuitse maselsStrykyster🡆 More