Die lanseerontsnapstelsel (LOS) of lanseeraborteerstelsel (LAS) is 'n veiligheidstelsel wat ontwerp is om die bemanning veilig te hou.
Die stelsel is bo-aan die bemanningskapsule gekonnekteer en word gebruik gedurende 'n noodgeval, bv. dreigende ontploffing, om die bemanning vinnig weg van die vuurpyl te verplaas. Die LOS word beheer deur 'n kombinasie van outomatiese vuurpylfalingbespeuring en daar is ook 'n prosedure vir die ruimtemanne om die stelsel met die hand te aktiveer. Die stelsel mag gebruik word wanneer die vuurpyl nog staties op die lanseerplatform staan of gedurende die opstygtydperk. Daar is twee tipe ontsnapstelsels:
Die gedagte om 'n vuurpyl te gebruik vir die LOS om die kapsule te verwyder is ontwikkel deur Maxime Faget in 1958. Die stelsel, wat die toring met die vuurpyle bo-op die kapsule plaas, is die eerste keer getoets met 'n Mercury kapsule in Maart 1959. Die LOS is gebruik op die Mercury- en Apollo-programme. Beide ontwerpe het 'n vastestaatbrandstofvuurpyl gebruik. Die Mercury LOS is gebou deur die Grand Central Rocket Company in Redlands, Kalifornië - hulle het later Lockheed Propulsion Company geword. Die Apollo-program het die Apollo 28LES.29 ontwerp gebruik wat baie ooreenkomste met die Mecury-stelsel gehad het. Die Russe en Chinese het ook aanhou om LOS te gebruik op die Sojoes en Shenzhou-ruimtetuie. SpaceX het hulle eie ontwerp gemaak, genaamd Dragon 2. Die LOS gebruik 'n hipergoliese vloeibare brandstofstelsel wat geïntegreer is in die kapsule om kostes te bespaar.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Lanseerontsnapstelsel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.