Die Langsterflap (Euplectes progne) is meestal te sien in oop grasvelde soos die sentrale hoëveld van Suid-Afrika.
Hulle kom ook voor in Angola, Kenia, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië. In Engels staan die voël bekend as die long-tailed widowbird.
Langstertflap | |
---|---|
Mannetjie in broeidrag en buite broeityd | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. progne |
Binomiale naam | |
Euplectes progne (Linnaeus, 1758) |
Die voël is 16 tot 20 cm lank, die broeiende mannetjie is 60 cm lank, en weeg 25 tot 46 gram. Die mannetjie verkry 'n kenmerkende swart veredos en lang stert tydens die broeiseisoen. Behalwe die lang stert het die broeiende mannetjie ook rooi skouers en breë swarterige skouers wat met witterige dofgeel begrens is. Die wyfie is groter as ander flapwyfies en die borskant is dofgelerig wit met ligte strepe op die bors en sye.
Die voël is groter as die kortstertflap.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Langstertflap, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.