Laki

Die Yslandse vulkaan Laki, of Lakagígar, lê op die sogenaamde Lakagígarskeur in die suidooste van die eiland.

In die 18de eeu was die skeur die skouplek van 'n geweldige vulkaanuitbarsting.

Laki
Een van Laki se kraters Een van Laki se kraters
Ligging Ysland
Hoogte Van 0 tot 1 725 meter bo seevlak
Koördinate 64°4′8″N 18°14′28″W / 64.06889°N 18.24111°W / 64.06889; -18.24111 18°14′28″W / 64.06889°N 18.24111°W / 64.06889; -18.24111
Laaste uitbarsting 1784

Op 8 Junie 1783 het die skeur uitgebars en die Lakivulkaan laat ontstaan. Dit het Ysland met 'n dik laag fyn as bedek en groot hoeveelhede giftige gasse vrygestel. Die vulkaan het nog agt maande lank aktief gebly en sowat 15 miljoen km3 se lawa uitgewerp. Meer as 500 km2 grond is met die lawa bedek. Volgens hedendaagse ramings het die uitbarsting ook meer as 120 miljoen ton swaweldioksied, 15 miljoen ton fluoorwaterstofsuur en sewe miljoen ton chloorwaterstofsuur vrygestel. Talle diere en mense is deur die hoë konsentrasie fluoriede en arseenverbindings in die water vergiftig.

Laki
Lakagígar

Volgens Yslandse ramings was sowat 'n vyfde van die eiland se bevolking, of 10 000 mense, slagoffers van die natuurramp. Destydse berigte verwys na 'n gaswolk wat die hele Noordelike Halfrond oortrek en tot grootskaalse weersveranderings gelei het. Lugbesoedeling en temperatuuruiterstes, wat deur die vulkaanuitbarsting veroorsaak is, het Engeland en Frankryk tussen 1783 en 1784 getref, waar respektiewelik 20 000 en 16 000 sterfgevalle as gevolg van die ramp aangeteken is.

Sien ook

Tags:

18de eeuYsland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BiodiversiteitGroot TrekProvinsies van Suid-AfrikaNieu-SeelandAfrikanerweerstandsbewegingBosluisMaroela MediaMineraalMynbouLewerEskomTweede VryheidsoorlogJan van RiebeeckMaatskappyInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandRugbywêreldbeker 2023WoordsoortKoos BekkerOmgewingsgesondheidGoogle MapsLongontstekingFiksiePersentasieBloemfonteinBlaarVoorvoegselAfkortingBurgerregteEjakulasieSeisoenWeefselMenstruasieIdioomAfleiding (taalkunde)GeslagsgelykheidSharpeville-slagtingKaapstadse waterkrisis 2015-2018Groot vyfTropiese sikloonTelevisiePeriodieke tabelBeeldspraakNeerslagJan van TonderVoornaamwoordMiddeleeueBrugNapoleon BonaparteFossielbrandstofGoudkus (streek)AfvalbestuurChemiese elementNatuurrampLys van Afrikaanse skrywersSaartjie BaartmanHindoeïsmeKunsmatige algemene intelligensieKapitalismeLika BerningVormBruto binnelandse produkDeelteken en umlautOlimpiese Somerspele 2024Leonardo da VinciHeupMangelontstekingFibonacci-reeksLionel PetersonLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989TegnologieStruktuur van die AardeToestand van materie🡆 More