Lagos

Lagos (Joroeba: Èkó) is die grootste stad in Afrika en was tot 12 Desember 1991 die hoofstad van die Wes-Afrikaanse land Nigerië toe dit deur Abuja in die Federale Hoofstadgebied, reg in die middel van die land, vervang is.

Die regering het met die beplanning van 'n nuwe hoofstad in 1976 begin om die druk op Lagos se infrastruktuur te verlig.

Lagos
Èkó
Lagos

Kaart Wapen
Lagos
Lagos
Vlag
Lagos
 Land Vlag van Nigerië Nigerië
 Deelstaat Lagos
 Koördinate 06°27′11″N 03°23′45″O / 6.45306°N 3.39583°O / 6.45306; 3.39583
 Gestig op 14de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 999,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 5 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 7 937 932
 - Bevolkingsdigtheid 7 941/vk km
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +1
 Burgemeester
 Amptelike webwerf lagosstate.gov.ng
Lagos
Lagos-eiland
Lagos
Victoria-eiland

Die stad is steeds die land se vernaamste hawe en geleë op Lagoseiland wat met twee brûe aan die vasteland verbind word. Die eiland waarop dit geleë is, is 8 kilometer lank en 1,6 km breed.

Die gebied is die eerste keer bewoon omstreeks 1700 en was 'n sentrum van die slawehandel tot in die middel van die negentiende eeu. Die Britte het dit in 1851 beset waarna dit in 1862 die kolonie van Lagos geword het. In 1906 word dit deel van die suidelike Nigeriese protektoraat en dien as hoofstad van die land vanaf 1960.

Die stad beskik oor 'n universiteit, tenkskipterminaal en van die vernaamste bedrywe is metale, chemikalieë, vis, gas, brouery en toerisme. Die besienswaardighede is onder meer die nasionale museum, paleis en 'n perderesiesbaan.

Lagos se bevolking was volgens die 2006-sensus 7 937 932 en die oppervlakte is 996,2 km². In 2012 is die bevolking op 21 000 000 geskat wat dit die grootste stad in Afrika maak. Na raming groei die stad die sewende vinnigste ter wêreld en die vinnigste in Afrika.

Tags:

12 Desember19761991AbujaAfrikaJoroebaNigerië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TreinLoftus MaraisHoenderFacebookKoolstofdioksiedHartversakingVerantwoordelikheidKoue OorlogKitaarFilistyneJagluiperdDomineeGeestesteuringOlimpiese SpeleErfenisdag (Suid-Afrika)Elon MuskSwart nasionalismeEkonomie van Suid-AfrikaSirkelMaroela MediaSkildklierVaginale kankerWorcesterSelfmoordRina HugoKaapse florarykTienie HollowayEkonomieSkrywerViëtnamoorlogWieg van die MensdomLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaMiddeloorontstekingVratSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeKarakteriseringSuid-AfrikaLys van politieke partye in Suid-AfrikaBybelCholeraVermenigvuldigingHartaanvalBevolkingOu Apostoliese KerkLeierMIVSpoorvervoer in Suid-AfrikaGalileo GalileiGasNelson MandelaSwaweldioksiedFeminismePornografiese akteur1913Vraag en aanbodLys van kinderspeletjiesVerkleinwoordWiki CommonsMuskietTweede VryheidsoorlogUnited Democratic FrontSekondêre sektor van die ekonomieAfleiding (taalkunde)Rosa ParksRenteKlankverskynselsLys van veltoestandeMassaNazi-DuitslandNarsistiese persoonlikheidsteuringKlimaatveranderingGedigLetterlike en figuurlike taalgebruikProteïenGrondsoorteHipotesePuberteitBesoedeling🡆 More