Laerskool Jan Van Riebeeck

Die Laerskool Jan van Riebeeck het op 31 Januarie 1921 in Kaapstad ontstaan en is die oudste asook een van die bekendste Afrikaansmedium laerskole in Suid-Afrika.

Laerskool Jan Van Riebeeck
Die skool het in 1927 sy huidige perseel by Kloofstraat 52 betrek. Die skool se sportterrein is in Varsitystraat, sowat ses straatblokke hoër op in Kloofnek se rigting.

Leerdertalle

Die skool het in in 2012 319 leerders gehad, van wie 52 in gr. 1 en 47 in gr. 7, vergeleke met 309 in 2010, waarvan 41 in gr. 1 was en 36 in gr. 7. In 2012 was die grootste klas die gr. R's met 60 leerders. Hierna het die getalle tot 2014 skerp toegeneem tot 385 in die graadklasse danksy 'n groot gr. 1- en gr. 2-klas van onderskeidelik 65 en 70. In die gr. R-klasse was daar in daardie jaar 64 leerlinge. In 2014 was daar gemiddeld 47 leerders per graad in die hoogste drie grade, maar 65 per graad in gr. 1 tot 3. Die skool het 2015 se skooljaar begin met 469 leerlinge, van wie 405 in die graadklasse was, 20 meer as die jaar vantevore. Die eerste twee grade het drie meer leerders as die vorige jaar gehad. Begin 2016 was die totale getal leerders 492 (418 in die graadklasse), van wie 74 in gr. R was, die grootste graad in die skool.

Ontstaan

As tuiste vir die skooltjie is 'n gebou aangrensend tot Rosmead in twee klaskamers omskep. Dit was tot in daardie stadium 'n stal. Op die eerste dag het 23 leerlinge, seuns en meisies, hulle hier ingeskryf, en die volgende dag nog een. Die medium van onderrig was Afrikaans en die skool het tot graad ses gestrek. Die eerste hoof was mej. Tiba le Roux, wat die hulp van nog 'n onderwyser, mej. W. Seeliger, gehad het. 'n Inspeksieverslag van dieselfde jaar meld: "The enrolment was small and did not justify the employment of two teachers but action will probably be unnecessary as the school ought to grow." So het dit gebeur, want die volgende jaar was daar 36 inskrywings, twee jaar later 48 en drie jaar daarna, 160.

Huidige gebou

Die gebou langs die huis Rosmead het aan Vinestraat gegrens en so het dit die naam Vinestraat-Skool gekry. Die skool het so uitgebrei dat die "lugtige skoolkamers" spoedig te klein geraak het. In 1927 is 'n nuwe gebou op die huidige terrein aan Kloofstraat gebou wat die vorige jaar uit die Vinestraat-Skool gegroei het. Op 15 Junie 1926 is op 'n skoolraadsvergadering besluit om die skool te doop tot die Jan van Riebeeck Skool Kaapstad en dat die skool se kleure "oranje en groen met wit strepies vir afsitting" sal wees. By dieselfde geleentheid is tot die plegtige leuse "Wees uself" besluit. Twee jaar later is die kleure verander na oranje, wit en blou - die kleure van die Van Riebeeck-vlag, met oranje wat beskerming, wit reinheid en blou kalmte voorstel. Daar is ook tot 'n skoolwapen met drie ringe besluit na aanleiding van die drie goue ringe teen 'n rooi agtergrond op die volksplanter se wapen.

Skoollied

Die skool se skoollied lui as volg:

Laerskool Jan Van Riebeeck  Waar Suidoos se spierwit pluime

oor ou Tafelberg afval,
en teen Vlaeberg se hange die
kanonskoot twaalfuur knal:
waar die see se blinkblou branders
teen ou Tafelbaai aanspoel,
staan ons skool, die Jan van
Riebeeck, met 'n groot en edel doel.
Vas en stewig soos die berge is ons
moedertaal geplant,
liefde daarvoor sal ons uitdra oor
ons hele vaderland.
In ons werk en in ons lewe streef
ons al wat goed is na,
want ons skool sal van ons altyd net
die allerbeste vra.

Laerskool Jan Van Riebeeck 

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Laerskool Jan Van Riebeeck LeerdertalleLaerskool Jan Van Riebeeck OntstaanLaerskool Jan Van Riebeeck Huidige gebouLaerskool Jan Van Riebeeck SkoolliedLaerskool Jan Van Riebeeck VerwysingsLaerskool Jan Van Riebeeck Sien ookLaerskool Jan Van Riebeeck Eksterne skakelsLaerskool Jan Van Riebeeck1921AfrikaansKaapstadSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Die Laaste Avondmaal (Leonardo)WinterBloeddrukGoogleAnrich HerbstBlourokkeSelfoonSeksposisieGordelroosWaterkringloopVolhoubaarheidKunselementeVroueregteSamestellingWoordAfrikaanse taalleerOu Apostoliese KerkDriehoekVars waterDirekte en Indirekte redeSeekatInstagramHector PietersonHolocaustAssonansieLionel PetersonLieweheersbesieMigrasie van voëlsAfrikaTransatlantiese slawehandelWolfSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeOrtopediePretoriaEkotoerismeSpinnekopCovid-19-pandemieVierkantswortelSenuweestelselVervoerKommunikasieNiemetaalTydEkonomiese sektorHipoteseKatKartografieUitwerking van klimaatsveranderingLenteTandbederfGeskiedenis van AfrikaansKunsmatige intelligensieVrystaatMotorvoertuigRudi ClaaseKunsmatige algemene intelligensiePornografiese subgenresHartversakingTrekarbeidAnglisismeYsterAtoomJode in Suid-AfrikaPaasfeesBeesMasturbasieBynierNaaldekokerKlem-in-die-kaakBoomslangNiersteenMuishondSomerIntensiewe vormWoordeboek van die Afrikaanse TaalVoedselketting🡆 More