Laat Oudheid

Die laat Oudheid is ’n term wat historici gebruik om die tyd van oorgang van die klassieke Oudheid tot die Middeleeue op die vasteland van Europa, die gebied om die Middellandse See, die Nabye Ooste en Afrika te beskryf.

Laat Oudheid
Die Barberini-diptiek, deel van ’n Bisantynse ivoorkunswerk uit die keiserlike werkwinkel van Konstantinopel in die eerste helfte van die 6de eeu (Louvre).

Die term word sedert die vroeë 20ste eeu deur Duitse historici gebruik, maar het gewild geraak na die verskyning van die historikus Peter Brown se The World of Late Antiquity (1971). Daar word steeds gedebatteer oor die presiese tydsgrense van dié tyd, maar Brown stel ’n tydperk voor tussen die 3de en 8ste eeu n.C.

Dit word gewoonlik beskou as die tyd van die einde van die Romeinse Ryk se Krisis van die 3de Eeu (235-284) tot die vroeë Moslemse verowerings (622–750), of as rofweg die tydperk van die Sassanidiese Ryk (224–651). In die Weste het dit vroeër geëindig, met die begin van die vroeë Middeleeue in die 6de eeu, of vroeër aan die rand van die Wes-Romeinse Ryk.

Verwysings

Skakels

  • Laat Oudheid  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

AfrikaEuropaKlassieke OudheidMiddeleeueMiddellandse SeeNabye Ooste

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Adolf HitlerWhatsAppGroot TrekOnderhandelinge om apartheid te beëindigWithaaiSteve BikoSelSwangerskapHerfsEugenetikaKultuurKoorsblaarStilleweMondNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyBank (finansiële instelling)LettergreepPlastiekSeksueel oordraagbare infeksieSoortnaamFilosofieJuraSuid-Afrikaanse GrensoorlogKlankRenteGeloftedagTrappe van vergelykingHomoniemNarsismeDurbanHoofstadElandréNasionalismeVennootskapNederlandsSpoorvervoer in Suid-AfrikaAtletiekWinnie Madikizela-MandelaHibernasieSelfoonVoortrekkermonumentKankerDistillasieNederlandLandbouLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLeah van NiekerkNamakwalandSwartGoudkus (streek)MuskietPinksterLys van Nederlandse skildersKrampVeelvoudige sinSuid-AfrikaHulpwerkwoordFotosinteseWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSkrywerVersoeningsdagGoudWaterstofJeuksiekteWitbloedselEk is 'n Afrikaan (toespraak)BrandmondsindroomHartversakingBorskankerVoegwoordSoweto-opstandMartin Luther King jr.Swart nasionalismeVigsIdioom🡆 More