La Liga (Spaans: ; letterlik: die Liga; weens borgskapredes ook bekend as La Liga Santander) is die hoogste sokkerafdeling in Spanje.
Twintig klubs speel in hierdie professionele sokkerliga. Elke klub speel twee keer per seisoen teen mekaar, met een weg-, en een tuiswedstryd. Die kampioen en naaswenner plaas hulleself vir die Supercopa de España (die Spaanse Superbeker) en vir die UEFA Champions League. Die plekke drie en vier plaas hulleself ook vir die Champions League en die vyfde plek sal in die UEFA Europa League speel. Teen die einde van die seisoen word die onderste drie spanne afgeskuif na die Secunda División (tweede vlak of divisie van Spaanse sokker). Al die 20 La Liga-spanne en die 22 Segunda División-spanne kwalifiseer saam sekere spanne uit die Segunda División B, Tercera División en Divisiones Regionales vir die Copa del Rey (Spaans vir: "Koningsbeker"). Die La Liga-wenner en die Copa del Rey-wenner sal dan om die Supercopa de España ("Superbeker van Spanje") meeding.
La Liga | |
2023–24 La Liga | |
Kenteken van La Liga | |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Gestig | 1929 |
Eienaar | Liga de Fútbol Profesional |
Inwydingseisoen | 1929 |
Deelnemende lande | Spanje |
Aantal spanne | 20 |
Mees onlangse kampioen | FC Barcelona (2022–23) |
Verwante kompetisies | Segunda División Copa del Rey Supercopa de España |
Borg(e) | Santander |
Real Madrid het met 35 titels die meeste titels gewen. FC Barcelona is tans die kampioen.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article La Liga, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.