Kwazulu-Natalse Geelvis

Die KwaZulu-Natalse geelvis (Labeobarbus natalensis) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in KwaZulu-Natal vanaf die Mtamvunarivier noordwaarts tot by die Mkuzerivier.

In Engels staan die vis bekend as die KwaZulu-Natal yellowfish of scaly yellowfish.

KwaZulu-Natalse geelvis
Kwazulu-Natalse Geelvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. natalensis
Binomiale naam
Labeobarbus natalensis
(Castelnau, 1861)

Voorkoms

Die baarde om die mond is goed ontwikkel. Die kleur van die vis wissel en hang af van die water se helderheid. Die jong vissie is silwerkleurig met onreëlmatige donker kolle op. Die onvolwasse vis verloor die donker kolle maar bly silwerkleurig. Die volwasse vis is olyfkleurig aan die bokant, die sye is brons en die vis is roomkleurig aan die onderkant. Die vis word tot 638 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 4.628 kg, opgestel in Oktober 1956.

Habitat

Die vis leef in 'n verskeidenheid habitatte; van poele en stroomversnellings in helder strome tot dieper, stil water van groot riviere en mere. Die onvolwasse vissies bly in vlak water in skole saam. Die vis neig om stroom-op te migreer gedurende die somer en gaan dan weer stroom-af gedurende die winter. Hulle vreet alge, detritus, krappe en insekte. Die wyfie lê haar eiers op gruisbeddings gedurende die somer nadat sy stroom-op beweeg het. Die mannetjie bereik volwassenheid na ongeveer 'n jaar as hulle 100 mm lank is en die wyfie na twee jaar as hulle sowat 150 mm groot is.

Sien ook

Bron

Eksterne Skakel

Tags:

Kwazulu-Natalse Geelvis VoorkomsKwazulu-Natalse Geelvis HabitatKwazulu-Natalse Geelvis Sien ookKwazulu-Natalse Geelvis BronKwazulu-Natalse Geelvis Eksterne SkakelKwazulu-Natalse Geelvis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kolorektale kankerSlag van Cuito CuanavaleAsmaOrthopteraTropiese huisgeitjieSkoenlapperKrampBTWFilosofieApostoliese GeloofsendingLys van Suider-Afrikaanse soogdierePankreasPornografieCecil John RhodesOekraïneErica BoyerWillie EsterhuizenAfkappingstekenHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKalenderPersoonlikheidKuberkrakerPsigopatieWaldimar PelserAfrikaanse WikipediaMiddelmisbruikJapanWaarheid-en-versoeningskommissieAfghanistanVaginaTegnologieErica RhodesBoet TroskieLabia (geslagsdele)Slag van BloedrivierAlvin BruindersSesnasies-toernooiBatmanAngina pectorisLettergreepPolisieGenesisHannes van WykNuwe TestamentAllergieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKunsGNU-lisensie vir vrye dokumentasieIndustriële RevolusieGianna MichaelsBaardskeerder-spinnekopOu Apostoliese KerkSally EsterhuizenGewone drolpeerOnse VaderBorskankerWortelJohan StemmetEmfiseemAleksei NawalniNagmaalAppel (sanger)BorsteCleopatra VIIHekseryJannie du ToitPaarl GimnasiumSixtynse kapelMens🡆 More