Die kuswurgvy (Ficus natalensis) is 'n boom en deel van die wurgvye.
In Suid-Afrika kom die spesie in KwaZulu-Natal en Limpopo voor. In die res van Afrika is die boom inheems in Angola, Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Kuswurgvy | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. natalensis |
Binomiale naam | |
Ficus natalensis Hochst., (1845) |
Die boom ontkiem op 'n gasheerboom hoog bokant die grond en stuur dan fyn wortels af grond toe. Die wortels word algaande sterker en verwurg uiteindelik die gasheerboom. Hierdie boom lyk byna net soos die Bosvy maar die vrugte is baie groter. Die boom se FSA-nommer is 57.
Die spesie het drie subspesies:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kuswurgvy, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.