Krugerdag: Voormalige openbare vakansiedag van Suid-Afrika

Krugerdag was 'n openbare vakansiedag wat vanaf 1882 tot 1899 en weer vanaf 1952 tot 1993 jaarliks op 10 Oktober in Suid-Afrika waargeneem is.

Die dag is vernoem na Paul Kruger, 'n Boere weerstandsleier teen Britse bewind en later president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, wat sy verjaarsdag op 10 Oktober gevier het. Op die dag is gepoog om die waardes en beginsels in die Afrikanervolkslewe te onderstreep.

Krugerdag: Voormalige openbare vakansiedag van Suid-Afrika
Foto van Paul Kruger (Krugerdag is na hom vernoem)
Krugerdag: Voormalige openbare vakansiedag van Suid-Afrika
Met die beleg van Makapansgat herwin 'n jong Paul Kruger sy gevalle aanvoerder se lyk uit die holkrans, waar hy ook met die vasgekeerdes probeer onderhandel het.

Oorsprong en afskaffing

Krugerdag is die eerste keer in 1882, terwyl Paul Kruger nog gelewe het gevier. Kruger was destyds die adjunkpresident, maar omdat hy soveel respek van sy volksgenote geniet het, is sy verjaardag met 'n feesdag gedenk. Dit is die daaropvolgende jaar amptelik as 'n openbare vakansiedag ingestel. Die gebruik het ten einde gekom nadat Brittanje die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek verslaan het.

In 1910, met Uniewording, is die dag steeds nie as openbare vakansiedag erken nie. 'n Paar jaar na die Nasionale Party in Suid-Afrika aan die bewind gekom het, is die dag in 1952 as Heldedag ingestel. Van tyd tot tyd is dit amptelik deur opeenvolgende regerings as hetsy Heldedag of Krugerdag geproklameer, en op kalenders as sodanig aangedui.

Die dag is deur die ANC-regering wat in 1994 aan bewind gekom het opgehef.

Sien ook

Verwysings

Tags:

10 Oktober1882189919521993Openbare vakansiedae in Suid-AfrikaPaul KrugerSuid-AfrikaVerjaarsdag

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anale seksLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKriekLieweheersbesieDroomHamerkopPerdAt BothaUnited Democratic FrontWaterstofKookpuntTsoenamiKaapstadse waterkrisis 2015-2018EnsiklopedieGauteng2024 Chinese Grand PrixAce MagashuleVaginaKunsAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLys van Suid-Afrikaanse skrywersSelGlobaliseringLeah van NiekerkRookgewoonteNommertekenDrinkwatervoorsieningDikdermPlantVermontUitwerking van klimaatsveranderingPoësieSowjetunieHibernasieKragopwekkingSwitserlandWerkersdagJan van RiebeeckFranklin D. RooseveltWatersuiweringLiewe HeksieNkosi Sikelel' iAfrikaKorrupsieAfrikanersKrieketAkademiaStres in hoërskoolSeeLys van bekende Suid-AfrikanersWikipediaKlimaatsverandering in AfrikaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidKindermishandelingKameelSuid-Afrikaanse RugbyunieBloedingNamibiëCorioliskragSteenkool in Suid-AfrikaJan van TonderWiskundeSamestellingLys van elemente volgens simboolGeslagsgelykheidIronieVoorvoegselMaatskappyTradisionele literatuurRatelDroogteLys van medisinale kruieSigaretEnkelvoudige sinNatuurbewaringKatoenSokkerToestand van materieDeon Meyer🡆 More