Die kroonarend (Stephanoaetus coronatus), is 'n groot, kragtige roofvoël (80–90 cm) van die Stephanoaetus genus.
Die kroonarend is 'n bewoner van tropiese Afrika, suid van die Sahara en word in Suid-Afrika in die oostelike landstreke aangetref.
Kroonarend | |
---|---|
By die Ndumo-natuurreservaat, KwaZulu-Natal in Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Accipitriformes |
Familie: | Accipitridae |
Genus: | Stephanoaetus |
Spesie: | S. coronatus |
Binomiale naam | |
Stephanoaetus coronatus (Linnaeus, 1766) | |
Verspreiding van die kroonarend. | |
Sinonieme | |
Falco coronatus Linnaeus, 1766 |
Hulle woon hoofsaaklik in digte woude en hul stapelvoedsel is ape (veral die van die Cholorcebus-genus) en ander medium-grootte soogdiere, soos dassies en klein bokkies. Alhoewel 98% van hul dieet uit soogdiere bestaan, sal kroonarende ook nou en dan voëls en akkedisse eet.
Die kroonarend gebruik sy pote om sy prooi dood te druk. Dit word as die sterkste voël in Suidelike Afrika beskou. Hulle leef in familiegroepe wat uit 'n vader, moeder en enkele jonger voëls bestaan.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kroonarend, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.