Limpopo Krokodilrivier

Die Krokodilrivier is 'n takrivier van die Limpoporivier wat in Roodepoort, Gauteng ontspring en noord vloei tot dit by die Maricorivier aansluit, om die Limpoporivier te vorm.

Die opvanggebied van die Krokodil word op 29  572 km2 geskat.

Krokodilrivier
Krokodilrivier suid van Thabazimbi (NASA satellietfoto)
Krokodilrivier suid van Thabazimbi (NASA satellietfoto)
Krokodilrivier suid van Thabazimbi (NASA satellietfoto)
Stroomgebied Gauteng, Noordwes, Limpopo
Hoofrivier Limpoporivier
Oorsprong Naby Witpoortjie, Witwatersrand, Suid-Afrika
Sytak -regs Pienaarsrivier, Rietvleirivier
Monding Samevloei met Groot Maricorivier word Limpoporivier
Ligging van Krokodilrivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Krokodilrivier
Krokodilrivier
Koördinate: 24°11′27″S 26°52′22″O / 24.19083°S 26.87278°O / -24.19083; 26.87278 26°52′22″O / 24.19083°S 26.87278°O / -24.19083; 26.87278

Ontstaan en roete

Die oorsprong van die Krokodilrivier is net noord van Ontdekkersweg by Witpoortjiestasie in Krugersdorp. Hier is die rivier nog 'n klein stroompie genaamd Muldersdrif se Loop. Dit vloei noord, oor die Witpoortjie-waterval in die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin in Roodepoort en onderdeur die N14 nasionale pad by Muldersdrift.

Hiervandaan kronkel die rivier nog noordwaarts, verby die Lanseria-lughawe en vloei in die Hartbeespoortdam in. Anderkant die dam hou die rivier noordwes, verby Brits en deur die Rooikoppiesdam.

Die rivier vloei steeds noordwes, suid verby Thabazimbi tot waar dit met die Maricorivier saamvloei om die Limpoporivier te word, net wes van 'n gehuggie Rooibokkraal op die grens van Botswana en Suid-Afrika.

Limpopo Krokodilrivier 
Uitsig oor Hartbeespoortdam

Verwysings

Tags:

GautengLimpoporivierMaricorivierOpvanggebiedRoodepoort

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerbruikerBeesAt BothaAkker van der MerweKunsmatige intelligensiePampoentjiesJacques LootsC.J. LangenhovenFinale OplossingSlag van BloedrivierHondsdolheidKlem-in-die-kaakSuikersiekteSelfoonJodeAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Jak de PriesterOutismeLeonardo da VinciSoweto-opstandVlagterminologieKitaarIngenieursweseVerkleinwoordMIV/vigs in Suid-AfrikaSteenkoolVleilandLys van bekende Suid-AfrikanersPoësiePreseminale vloeistofGroot GatDeon MeyerAfrikaanse woordelys en spelreëlsSpysverteringstelselGroot vyfGlenys LynneGasAnette EngelbrechtKlimaatsverandering in Suid-AfrikaDiereriemOmgewingskwessies in Suider-AfrikaJapanLys van indringerplante in Suid-AfrikaDiamantGordelroosProstaatklierVoedselkettingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRyno HattinghHipertensieProvinsies van Suid-AfrikaSkaakHorlosieWoordeboek van die Afrikaanse TaalSeksualiteitOnse VaderLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameSkilpadRMS TitanicSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVermenigvuldigingNatuurlike hulpbronVlag van Suid-AfrikaEkonomiese sektorKindermishandelingWaterstofNapoleon BonaparteHartaanvalRefentse MorakeJohannes KerkorrelLys van visseBobbejaanFotosinteseElandré🡆 More