Krappe En Krewe

Krappe en krewe word op 'n strand of buite op 'n grasperk gespeel waar daar genoeg plek is om rond te hardloop.

Dit help met kinders se fiksheid asook om hul reaksietempo te ontwikkel.

Die groep deelnemers word in twee ewe groot spanne verdeel. Die een span word die "krappe" en die ander span "krewe" genoem. 'n Spelleier, gewoonlik 'n volwassene, roep dan óf kr-r-r-ewe óf kr-r-r-appe ('n span se naam) uit, wie dan gejaag en gevang moet word deur die ander span. Die interessantheid van die speletjie is dat "krewe" en "krappe" amper dieselfde klink, altans die begin "krrr-". Jy kan die ander spelers uitdaag/koggel totdat die volle woord, bv. "kr-r-r-r-appe" deur die leier geroep word; as jy dan 'n "krap" is, moet jy hol vir 'n vale voor die "krewe" jou vang!

Al die krappe wie gevang is, verander na krewe (en andersom), totdat al die teenstanders gevang is.

Die spel volg amper dieselfde reëls as Wolf, wolf, hoe laat is dit? behalwe dat die een span almal wolwe is en die ander span dus almal skape is.

Sien ook

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonnetAdolf HitlerDesmond TutuAgtervoegselSwangerskapBynierAborsieHoofpynMagnetismeHulpwerkwoordVrystaatSirkelAfrikaGeletterdheidBateVratKlimaatsverandering in Afrika2001BladwisselendKoos BekkerProteaSomerKolitisWaarheid-en-versoeningskommissieWiki CommonsBedreigde spesieGroot TrekMensGasLys van kinderspeletjiesHaasHoenderJansenvilleSpysverteringstelselArabies-Israeliese konflikKrugerwildtuinHandelsmerkMoedersdagBreinErfenishulpbronRacheltjie de BeerSuid-Afrikaanse GrensoorlogLys van Afrikaanse rolprenteLieweheersbesieWaterkringloopDepressie (gemoedstoestand)Industriële RevolusieRassismeGoudkus (streek)Septimius AwardsVincent van GoghTwaalf Stamme van IsraelAfvalbestuurWitrenosterKlimaatPad na jou hartSarel Jacob PretoriusKunstenaarBestuiwingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Tolla van der MerweStudievaardighedeMadison IvyPaddaHamburgerKlereSprokieWêreldboekedagKatMiddeloorontstekingXenofobie in Suid-AfrikaJagluiperdLys van musiekinstrumenteHidroëlektrisiteitEiffeltoringKatjie🡆 More