Kransduif

Die Kransduif (Columba guinea) is 'n duif wat in groot dele van Afrika suid van die Sahara voorkom.

Die kransduif het in groot getalle van sy oorspronklike habitat van steil kranse en berge na die dorpe en stede beweeg waar hy saam met die wildeposduif woon. Daar word vermoed dat die twee genera soms kruisteel. Daar heers onsekerheid oor die redes vir hul habitatuitbreiding na die stede, maar die hoë toringgeboue verskaf genoeg hoekies en lysies vir nesmaak en kom ruweg met die rotswande van hul natuurlike omgewing ooreen.

Kransduif
Kransduif
Op Tafelberg, Kaapstad, Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. guinea
Binomiale naam
Columba guinea

Voorkoms

Kransduif 
Nabyskoot van die kop, te Wildernis, Wes-Kaap

Hierdie is 'n groot duif, 41 cm in lengte. Die rooibruin rug, witgespikkelde vlerke en blougrys romp is kenmerkend. Die kop is grys, en naby kan 'n rooierige, kaal vel rondom die oë gesien word. Die nek is bruin, met wit strepe, en die bene is rooi. Die roep is 'n doo-doo-doo. Die geslagte lyk eenders, maar onvolwassenes is bruiner as volwassenes.

Nes

Kransduif 
'n Kransduif met kuiken

Hierdie spesie bou 'n groot stokkiesnes in 'n boom en lê twee wit eiers. Die vlug is vinnig, met gereelde slae, en by geleentheid 'n skerp flik van die vlerke wat kenmerkend is van duiwe in die algemeen.

Voeding

Die kransduif se kos is groente en hulle versamel in groot getalle waar graan of grondbone beskikbaar is.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Tags:

Kransduif VoorkomsKransduif VoedingKransduif Sien ookKransduif VerwysingsKransduif BronneKransduif

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Intensiewe vormEllipstekenVlag van Suid-AfrikaGroot GatHondHerpes simplexWiskundige terminologiePuberteitKindermishandelingFilistyneToerismeMosambiekStudievaardighedeTelwoordRuslandWiskundeLys van Suider-Afrikaanse soogdiereHigiëneDieregeluideStilleweSuid-Afrikaanse GrensoorlogBeurtkragPinksterVeelvoudige sinSwaweldioksiedKasteel die Goeie HoopMarie AntoinetteLeeuSpringbokAtletiekMierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024MenseregtedagSmaakSeksismeLoftus MaraisBysteekDomkragVoedingVolstruisMeeueDiamantLangste woordNaaldekokerLeah van NiekerkUitwerking van klimaatsveranderingRassismeJeanette FerreiraDomineeVoornaamwoordKlankverskynselsOu Apostoliese KerkBoomslangNamakwalandDaggaAardkorsSikloonGesonde dieetMetaalEkotoerismeSeksposisieHeuningbyAnneli van RooyenMartin Luther King jr.GautengMark (ekonomie)Anglo-BoereoorlogLys van Griekse mitologiese figurePseudowetenskapSleutel (musiek)Privaat maatskappyVrystaatEkologieNatuurbewaringPoësieByvoeglike naamwoordTrappe van vergelyking🡆 More