Kopte

Die Kopte (Kopties: ⲚⲓⲢⲉⲙ̀ⲛⲭⲏⲙⲓ ̀ⲛ̀Ⲭⲣⲏⲥⲧⲓ̀ⲁⲛⲟⲥ) is 'n etnies-godsdienstige groep inheems aan beide Noord-Afrika en die Midde-Ooste, hoofsaaklik in Egipte, waar hulle die grootste Christelike minderheid en 10% van dié land se bevolking vorm.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Kopties.

Daarbenewens vorm Kopte die grootste Christelike minderheid in beide Soedan (1%) en Libië (1%).

Kopte
Kopte
'n Groep Koptiese monnike tussen 1898 en 1914.
Totale bevolking: ca. 10–20 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Egipte Egipte 9–15 miljoen

Vlag van Soedan Soedan 500 000
Vlag van Libië Libië ≈60 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 200 000–1 miljoen
Vlag van Kanada Kanada ≈200 000
Vlag van Australië Australië ≈75 000
Vlag van Koeweit Koeweit 65 000
Vlag van Italië Italië ≈30 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 25 000–30 000
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 15 000+
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate ≈10 000
Vlag van Jordanië Jordanië 8 000+
Vlag van Kenia Kenia 8 000+
Vlag van Libanon Libanon 3 000–4 000
Vlag van Duitsland Duitsland 3 000
Vlag van Oostenryk Oostenryk 2 000
Vlag van Switserland Switserland 1 000
Vlag van Frankryk Frankryk 1 000
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1 000
Vlag van Nederland Nederland 1 000
Vlag van Tunisië Tunisië 1 000
Vlag van Algerië Algerië 1 000
Vlag van Marokko Marokko 1 000

Taal: Gepraat (Egipte, Soedan, Libië): Arabies

Liturgies: Kopties (byna-uitgesterf, maar in die proses van herlewing)
Diaspora: Engels en baie ander tale

Geloofsoortuiging: Kopties-Ortodokse Kerk • Kopties-Katolieke Kerk • Protestantisme
Verwante etniese groepe: Ander Semitiese en Afro-Asiatiese volkeEgiptenare en Nubiërs


Kopte
Die Koptiese kruis

Die naam van die Kopte is afgelei van die Griekse naam vir Egiptenaars (Αἰγύπτιος Aigýptios) en verwys veral ná aanhangers van die Kopties-Ortodokse Kerk. In die Romeinse, Bisantynse en die vroeë Islamitiese tydperk in Egipte is die term apart van godsdienstelike betekenisse gebruik en het ná die bevolking van beide Alexandrië en Egipte verwys.

Die taal van die Kopte, Kopties, het in die 3de eeu n.C. uit Egipties ontstaan en het as gevolg van die toenemende gebruik van Arabies byna uitgesterf. Tans word Kopties hoofsaaklik as liturgiese taal gebruik en is in proses van herlewing. In Egipte, Soedan en Libië praat Kopte in hul alledaagse lewe veral Arabies en in die diaspora Engels en ander tale.

As gevolg van spanninge met die Islamitiese meerderheid en Egipte se ekonomiese afswaai het tussen 1 en 2 miljoen Kopte in lande soos Australië, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State asook in verskeie lande van Afrika, Asië en Europa gevestig. In Suid-Afrika het sowat 15 000 Kopte gevestig, veral in groot stede soos Johannesburg, Durban, Kaapstad en Pretoria.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ChristendomEgipteEtniese groepKoptiesLibiëMidde-OosteNoord-AfrikaSoedan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ViëtnamoorlogJan van TonderRudi ClaaseRooibokFacebookSebraGipsVoëlSleutel (musiek)VakbondGenadedoodStokely CarmichaelSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024BreinkaartSeksualiteitPriemfaktorSuikersiekteVrouTsoenamiMona LisaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSeptimius AwardsLys van Nederlandse skildersGroot vyfSeksNicole StraussToekoms van die AardeAanpassingskapasiteitChemiese verbindingVersamelnaamHolocaustPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVarkgriepSelfvertroueRosa ParksResensieJode in Suid-AfrikaGroepsgebiedewetLetterkundeProteïenFilosofieJan van RiebeeckOorkruipersSaartjie BaartmanFinansiële staatLiefdeWaterbesoedelingMartin Luther King jr.CalviniaInvloed van vigs op die ekonomieTreinCholeraHartaanvalBlourokkeTelkomBreinvliesontstekingSendelingposisieSonLys van Griekse mitologiese figureMeeueInsekWêreldwye webSpringbokkeRumatiekEugenetikaJakkalsAfrikanersSeegolfPretoriaKaapse florarykWikiquoteHoenderSelfoonJeuksiekteStilleweVars waterPad na jou hart🡆 More