Koppesnellery

Koppesnellery (Engels: Headhunting) is die praktyk om die kop van ’n ander mens af te kap en te bewaar.

Dit is in historiese tye in dele van Oseanië, Suid-, Oos- en Suidoos-Asië, Wes- en Sentraal-Afrika, Meso-Amerika en Europa beoefen. In Europa het dit teen die einde van die Middeleeue voorgekom in Ierland en aan die Anglo-Skotse grensstreke, en tot die 20ste eeu in Montenegro, Kroasië, Albanië en die westelike dele van Herzegowina.

Koppesnellery
’n Digitale tekening van ’n priester uit die Mississippium-epog met ’n seremoniële klipstaf en ’n afgekapte kop, na aanleiding van ’n koperplaat.

Koppesnellery is intens deur antropoloë ondersoek in ’n poging om die sosiale rolle, funksies en motiverings vas te stel. Antropologiese geskrifte behandel temas soos kastyding van die vyand, rituele geweld, kosmologiese balans, die vertoon van manlikheid, kannibalisme, oorheersing van die liggaam en siel van ’n teenstander, as ’n trofee of ’n bewys van moord, prestige deurdat ’n teenstander se gees en krag oorgeneem is, en om die teenstander se diens as ’n slaaf in die hiernamaals te verseker.

Geleerdes stem vandag oor die algemeen saam dat die funksie van koppesnellery hoofsaaklik ritueel en seremonieel was. Dit was deel van die proses van die strukturering, versterking en verdedidiging van die hiërargiese verhoudings tussen gemeenskappe en individue. Sommige geleerdes glo die praktyk spruit uit die geloof dat die kop die sielsmateriaal, of lewenskrag, bevat en dat dit benut kan word deur die bewaring daarvan.

Verwysings

Skakels

  • Koppesnellery  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

AlbaniëBosnië-HerzegowinaEngelsEuropaIerlandKroasiëMensMeso-AmerikaMiddeleeueMontenegroOos-AsiëOseaniëSentraal-AfrikaSuid-AsiëSuidoos-AsiëWes-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TamatieKompasNederduitsch Hervormde KerkHernubare energieAktuarisNoFapLeierDeelstate van die Verenigde State van AmerikaDiereriemEmma RenziSnoekerLys van indringerplante in Suid-AfrikaAnale seksWerkloosheidSkisofrenieAkker van der MerweDuifBybelBraaiAardkorsSlag van BloedrivierPussy RiotPeriodieke tabelSpinnekopMangelontstekingVars waterSeptimius PicturesGautengKaaps-Hollandse stylDokterBettie Cilliers-BarnardGewone breukeHoopDigvormGasSkilpadGrondbesoedelingVerassingAfleiding (taalkunde)Ramsar-vleilande in Suid-AfrikaMorfologie (taalkunde)Pornografiese akteurKameelperdDermpoliepSkemerVeelvoudige sinSpaansVoedingGewasboerdery in Suid-AfrikaGalblaasAfrikaKunsAntoniemCovid-19-pandemieNieu-SeelandMetafoorKarwatsOnbemande vliegtuigKindermishandelingSosiale mediaBuffelGeelsugJeuksiekteGrieksMisdaadromanBeer AdriaanseRekenaarEugenetikaLugbesoedelingRymSeksualiteitMusieksimboleSuurstofOntwikkelende land🡆 More