Koos Du Plooy

Ds.

Jacobus Stephanus du Plooy (noemnaam Koos, Johannesburg, 16 Januarie 1938Postmasburg (waarskynlik), 14 Oktober 1982) was predikant in twee Gereformeerde kerke, naamlik Vanderbijlpark-Suid van 1963 tot 1966 en daarna Postmasburg tot sy onverwagte dood weens ’n hartaanval in die ouderdom van 44 jaar.

Koos du Plooy
 J.S. du Plooy
Jacobus Stephanus du Plooy

Naam Jacobus Stephanus du Plooy
Geboorte 16 Januarie 1938
Johannesburg, Transvaal]
Sterfte 14 Oktober 1982 (op 44)
Postmasburg
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Vanderbijlpark-Suid 1963–1966
Postmasburg 1966–1982
Jare aktief 1963–1982
Kweekskool Potchefstroom

Lewensloop

Koos du Plooy was die oudste seun van ds. J.F. (Jan Frederik) du Plooy en mev. Johanna Magrieta du Plooy (nee Le Roux), predikantspaar van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos (Jeppe) ten tyde van hul eersteling se geboorte. Nadat hy gematrikuleer het, skryf hy in 1955 aan die PU vir CHO in vir die B.A.- en Th.B.-graad. Hy behaal die B.A. in 1958 en die Th.B. in 1962. As student het hy veral in die studie van Grieks, Hebreeus en Latyn uitgeblink. As sportman het hy voetbal vir die eerste span van die universiteit en ook vir Wes-Transvaal gespeel.

As studenteleier is hy tot studenteraadsvoorsitter verkies en ontvang ook die Abe Baileybeurs vir 'n oorsese reis. In Februarie 1963 is hy deur sy vader as die eerste predikant van Vanderbijlpark-Suid bevestig. Drie jaar later het hy 'n beroep na Postmasburg aanvaar, waar hy tot sy dood gebly het. In dié tyd, 1974, het hy net enkele vakke vir die graad B.Juris. gekort.

Waardering

J.L. Ras skryf in sy lewensberig in die GKSA se Almanak van 1984: "In die gemeente van Postmasburg is met groot dankbaarheid melding gemaak van sy ywerige en voortreflike bediening. Hy was 'n dinamiese prediker. In die kerkverband het hy 'n leidende rol gespeel. In die Klassis Griekwaland-Wes en Partikuliere Sinode Noordwes was hy 'n leier. Telkemale was hy voorsitter van hierdie vergaderings. Hy was ook 'n aantal jare lid van die Kuratore van die Hammanskraalse en Potchefstroomse Teologiese Skool. Daarbenewens het hy in verskeie deputaatskappe van die Nasionale Sinode gedien.

Ras skryf: "Hierdie gelowige kind van God het gewerk en gedien soos iemand wat geweet het dat sy tyd min was. Aan die Here die dank vir so 'n besondere mens — 'n vriend, 'n broer, 'n seun, 'n eggenoot en vader, 'n kollega, 'n bedienaar van die Woord!"

Breër betrokkenheid

Du Plooy het ook buite die grense van sy kerk op Postmasburg en in Noord-Kaapland in die gemeenskap diens gelewer. As voorsitter van drie skoolkomitees en die skoolraad en die beheerraad van die Elizabeth Conradie-skool in Kimberley het hy die onderwys en jeug van sy volk gedien. In die Weermag het hy die rang van majoor beklee.

Vanaf 1969 was hy voorsitter van Griekwaland-Wes se Ontwikkelingsvereniging. In 1973 het die kabinet hom aangestel as voorsitter van die latere Noord-Kaaplandse Administrasieraad. In 1980 is hy verkies tot adjunkpresident van die Raad van Voorsitters en Hoofdirekteure van Administrasierade en tot lid van die Nywerheidsraad van hierdie liggaam. As bewys van erkenning is die kantore van die Administrasieraad in Kimberley na hom genoem.

Gesinslewe en dood

Op 5 Oktober 1963 is ds. Du Plooy met Martie (Martha Louisa) Goulding getroud. Uit die huwelik is 'n seun en drie dogters gebore. Op 14 Oktober 1982 het hy plotseling weens 'n hartaanval beswyk. Sy vader het hom met langer as 10 jaar oorleef en is oorlede op 28 November 1992.

Bronne

  • (af) Ras, ds. J.L. in De Bruyn, ds. F.R.P. 1984. Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1984. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Koos Du Plooy LewensloopKoos Du Plooy WaarderingKoos Du Plooy Breër betrokkenheidKoos Du Plooy Gesinslewe en doodKoos Du Plooy BronneKoos Du Plooy14 Oktober16 Januarie19381982Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk PostmasburgGereformeerde kerk Vanderbijlpark-SuidJohannesburgPostmasburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KonsentrasiekampGeslagsgelykheidTydGroot DepressiePlae van EgipteVreesKoppeltekenKinkhoesWinnie Madikizela-MandelaSharpeville-slagtingTropiese sikloonLatynSeksuele penetrasieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameHeelgetalOmtrek, oppervlakte en volumeAlliterasieJakobCheslin KolbeKoolhidraatTrappe van vergelykingDansCorioliskragSwangerskapAkademiaGlasSint JorisdagByRacheltjie de BeerBeesvleisVlinderDialoog in fiksieBlaarKatRenteJudaïsmeFotosinteseWet op Bantoe-onderwysGoogleSuid-Afrikaanse randTurkyeSomerVulkanismeKlavierMorfologie (taalkunde)SelfoonLettergreepAborsieFraktuurCradock-4OutismeSout (chemiese stof)HamburgerSarel Jacob PretoriusDie ontstaan van die dramaKerrieSoogdierNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaInternetDrakensbergeGoogle TranslateWikipediaRugbywêreldbeker 2023EskomRivierKatjieTelkomHoenderDie Stem van Suid-AfrikaProstaatkankerVaste stofKoorsblaarLys van chemiese elemente volgens atoomgetalYsbeer🡆 More