Konstantin Von Tischendorf

Lobegott Friedrich Konstantin von Tischendorf (Lengenfeld, in die huidige Sakse, 18 Januarie 1815 – Leipzig, 7 Desember 1874) was 'n Duitse, Lutherse teoloog en Bybelwetenskaplike.

Hy was 'n lid van die teologiese fakulteit van die universiteit van Leipzig en is veral bekend vir die ontdekking van die Kodeks Sinaiticus, 'n 4de-eeuse manuskrip van die Bybel, wat in 'n klooster aan die voet van die Sinaigebergte in Egipte gevind is.

Konstantin Von Tischendorf
Konstantin von Tischendorf
Konstantin Von Tischendorf
Die Kodeks Sinaiticus

Tischendorf het die Kodeks Sinaiticus in Februarie 1859 ontdek. Dit dateer uit ongeveer 330 tot 350 en bevat die Ou Testament in Septuagint-vorm, asook 'n volledige weergawe van Nuwe Testament. Dit is met die hand in Koine-Grieks geskryf en is die wêreld se oudste (oorspronklik) volledige Bybel. Die kodeks kan in die Britse Biblioteek in Londen of as 'n gedigitaliseerde weergawe op die internet besigtig word. Die Kodeks Sinaiticus en die Kodeks Vaticanus (ook uit die 4de eeu, maar minder volledig) is met mekaar vergelyk om tekstuele verskille op te los.

Hy ontdek daarnaas nog 'n aantal ander handgeskrewe Bybelskrifte en versorg 'n kritiese teks van die Nuwe Testament, wat nog steeds van belang geag word. So ontdek hy 'n vyfde-eeuse Bybelteks in die Kodeks Ephraemi Rescriptus onder 'n hagiografie van Efrem die Siriër (St. Efrem) uit die twaalfde eeu.

Tischendorf ontvang in 1865 eredoktorsgrade van die Universiteit van Oxford en die Universiteit van Cambridge. Hy is in 1869 vanweë sy werk tot die adelstand verhef.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

18 Januarie181518747 DesemberBybelDuitseEgipteKloosterKodeksLeipzigLutherseSakseSinaiTeoloogUniversiteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OogproblemeLys van Afrikaanse rolprenteSelakantCarles PuigdemontSpelerposisies in rugbyGewone breukeImmunologieHulpwerkwoordEkonomie van Suid-AfrikaSneeuKolorektale kankerAnti-inflammatoriese middelVoorsetselWoestynMenseregteKinderregteSeksuele opwekkingGipsTienie HollowayCarike KeuzenkampVlagterminologieWortelKunsmatige intelligensieDikdermKlimaatNeerslagVerkleinwoordRenosterBloedsomloopstelselWillie JoubertLetterkundeElandréCounter-Strike 2NedersettingProstaatkankerGeweldWikimedia-stigtingAngolese BurgeroorlogBosluisbytkoorsWaterbesparing in Suid-AfrikaJeanette FerreiraSeekoeiErosietipesNiersteenAntisemitismeFrankrykVoorvoegselVrymesselarySeksposisieSteenkoolAtletiekAssonansieReg tot ‘n gesonde omgewingAnneli van RooyenMenseregtedagPersoonlike voornaamwoordJaco JacobsWoordLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKunsmatige algemene intelligensieWetenskapLys van Afrikaanse skrywersJagluiperdAustraliëAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAfrikanersLandbouKunsBipolêre gemoedsteuringKaapstadse waterkrisis 2015-2018Erektiele disfunksieBeurtkragFinansiële staatDesimale breuke🡆 More