Konjunktuur

Konjunktuur (of sakesiklus) is die term wat dui op die sogenaamde golfbewegings van 'n land se ekonomie.

'n Land se ekonomie is baie selde stabiel en word gekenmerk deur periodes van relatiewe voorspoed en teenspoed. In die ekonomie verwys konjunktuur na die verskynsel dat fases van voorspoed en depressie mekaar afwissel. Die eerste formele sakesiklusnavorsing is in die eerste helfte van die twintigste eeu deur Wesley Mitchell en Arthur Burns in die VSA onderneem.

Die konjunktuurgolf word verdeel in verskillende fases wat mekaar opvolg. Kortliks is dit die volgende:

  • Herlewing ná depressie. In hierdie fase is daar stygende voorspoed waarin alle ekonomiese faktore, soos indiensneming, lone, produksie, pryse, winste, verbruik en belegging, verbeter.
  • Krisis aan die bopunt van voorspoed. Die voorspoedfase het nou sy maksimum bereik. Pryse is hoog; almal het werk en verdien goeie lone of salarisse of maak goeie winste.
  • Dalende fase. Werkloosheid begin ontstaan, lone, pryse, en winste daal, produksie en verbruik neem af en beleggings verminder.
  • Laagtepunt en depressie. Algehele ekonomiese probleme heers. Werkloosheid is algemeen, winste is gering, beleggings het omtrent verdwyn, en dié wat nog werk se salarisse en lone is maar karig. Uit dié laagtepunt begin die herlewing weer.

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

EkonomieLand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SlawernyJansenvilleMaatskaplike verantwoordelikheidSpinnekopDuitslandLuiperdEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLewerWortelVlag van Suid-AfrikaPapierKameelLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandCorioliskragWerkwoordLys van musiekinstrumenteKnieSias ReineckeMielieBergen-Belsen-konsentrasiekampJakkalsDokterMuskietHamilton WesselsMauritiusArmoedeSuid-Afrikaanse randSeksismeBokmakierieMenslike seksuele gedragOranjerivierNylrivier (Suid-Afrika)HibernasieJannie du ToitJan-Willem BreureDuitse maselsVoorsetselAbstraksie (rekenaarwetenskap)Kaliforniese KanaaleilandeSomerJoseph LynchTweede VryheidsoorlogGalblaasMiddeloorontstekingPeriodieke tabelAprilPornografiese akteurKoolhidraatHorlosieLys van Suid-Afrikaanse skrywersDramaMadison IvyDroomEmosieLiewe HeksieNasionale VrouemonumentLys van Afrikaanse rolprenteRenteKhoikhoiMosesVlekvrye staalAborsieDiepaartromboseOu Apostoliese KerkWinnie Madikizela-MandelaOntkiemingReënvalbepalingVigsAnglo-BoereoorlogUniegebouRepubliek van Zoid AfrikaGeslagsgelykheidRassismeAardeGNU-lisensie vir vrye dokumentasie🡆 More