Kongregasionalistiese Kerk

Die Kongregasionalistiese Kerk is 'n kerkgroepering wat spruit uit die puriteine van die sewentiende eeu.

Kongregasionalistiese Kerk
Die Kongregasionalistiese kerk, Seepunt, ontwerp deur John Parker. Sir J.H. de Villiers het die hoeksteen op 6 Maart 1896 gelê.
Kongregasionalistiese Kerk
Johannesburg se eerste Kongregasionalistiese kerk was op die hoek van End- en Breestraat en is in 1895 voltooi.
Kongregasionalistiese Kerk
'n Kongregasionalistiese kerk in Massachusetts.

Die Kongregasionaliste het sterk klem geplaas op die selfstandigheid en individualiteit van plaaslike gemeentes en het stukrag gekry nadat die Britse parlement in 1646 die Westminster-konfessie aanvaar het. Tydens Oliver Cromwell se bewind het hulle 'n vastrapplek in die Britse kerklike samelewing gekry.

Die groepering se leer is in die Savoy-verklaring van 1658 uiteengesit en daarin word die Westminster-konfessie merendeels aanvaar, buiten die afdeling oor kerklike regering en sinodes. Die kerk is na die Verenigde State van Amerika gebring deur puriteinse lidmate. Hulle verdraagsame en onafhanklike ingesteldheid het later 'n belangrike invloed op die Amerikaanse Vryheidsverklaring (1776) uitgeoefen.

Suider-Afrika

Die Verenigde Kongregasionalistiese Kerk van Suider-Afrika het eers in 1967 tot stand gekom, maar kan sy oorsprong meer as 200 jaar terugspeur tot by die aankoms van die eerste personeel van die Londense Sendinggenootskap. Die lidmate tel sowat 300 000, wat verdeel is in meer as 350 gemeentes in vyf lande.

Johannesburg

Die eerste Kongregasionalistiese kerk in Johannesburg was op die hoek van End- en Breestraat, waar die argitek Frank Emley ’n lidmaat was, hoewel R. Howden die gebou ontwerp het. Die hoeksteen is op 14 Julie 1895 deur die mynkommissaris, J.L. van der Merwe, gelê.

Die eerste Kongregasionalistiese eredienste is in ’n bousel van hout en yster op Von Brandisplein deur eerw. F.J. Ecclestone waargeneem. Op 25 April 1889 is die kerk geskuif na Richard Currie se veilingskamers in Commissionerstraat, en later na die Vrymesselaarsaal in Jeppestraat, voor die nuwe kerk eindelik laat in 1895 betrek kon word.

Tien jaar later het, is die Musiekskool oorkant die straat in Endstraat opgerig na die ontwerp van sir Herbert Bakerm en die Caledoniese Klub, wat agter die kerk gebou is. ’n Orrelkamer is in 1913 aangebou. Die kerk is later gesloop om plek te maak vir ’n kantoorgebou. Die Kaledoniese Klub het in die jongste jare afgebrand en is toe gesloop.

Bronne

  • Gaum, Frits (hoofred.). 2008. Christelike Kernensiklopedie. Wellington: Lux Verbi.BM.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Kongregasionalistiese Kerk Suider-AfrikaKongregasionalistiese Kerk BronneKongregasionalistiese Kerk VerwysingsKongregasionalistiese Kerk Eksterne skakelsKongregasionalistiese Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Impakte van toerismeLandbouPuberteitKlimaatveranderingNeerslagLodewyk XVI van FrankrykSwaelHorlosieDesmond TutuVlekvrye staalJeuksiekteTrekarbeidMenstruasieVergelykings (taalkunde)Geskiedenis van die BoererepubliekeMisdaadLetterkundeD.J. OppermanSlawernySkaakSelGezina, PretoriaWiskundeAkroniemGemeenskapWapen van Suid-AfrikaBybelDistrik SesGroot vyfKindersiektesNatuurNiemetaalTuberkuloseJode in Suid-AfrikaMandalaJan van TonderViëtnamoorlogDurbanKappie (skryfteken)Seksueel oordraagbare infeksieWesterse filosofieKaapstadse waterkrisis 2015-2018Pubiese hareMarie AntoinetteVerantwoordelikheidPaddaJeanette FerreiraMuishondKolonoskopieHondeklipbaaiJavaScriptBruin menseJan van RiebeeckKaaps-Hollandse stylKolitisVerenigde State van AmerikaTsoenamiSonnestelselAnale seksVrystaatMiljardCarles PuigdemontVerstedelikingOranjerivierSpringbokWes-KaapSwartkwasmuishondGevolge van aardverwarming op oseaneSeksualiteitIronieIngenieursweseBank (finansiële instelling)NatuurrampSaartjie BaartmanWolf🡆 More