'n Kombersjas of duffelbaadjie is 'n jas gemaak van duffel, 'n growwe, dik, wolmateriaal.
Die naam is afgelei van Duffel, 'n dorp in die provinsie van Antwerpen in België waar die materiaal ontstaan. Duffelsakke was oorspronklik gemaak van dieselfde materiaal.
Die duffeljas het aanvanklik ontstaan uit die Poolse militêre jas, wat ontwikkel is in die 1820's. Die kappie en tokkelhegstukke was gewild gewees en die item versprei daarna oor die hele Europa teen die 1850's. In die 1850s het kleremaker John Partridge die eerste weergawe van die duffeljas vervaardig. Teen 1890 was dit as standaard verskaf aan die Koninklike Britse Vloot, en veldmaarskalk Lord Montgomery was 'n bekende draer van die jas in die Tweede Wêreldoorlog. Na afloop van die oorlog, het die jasse vryelik beskikbaar geword as surplusvoorraad van die regering, en het veral gewild geword by studente.
In die 1890's het die Britse Admiraliteit besluit op 'n aantal vervaardigers om woljasse te produseer vir die Britse Vloot, waarna dit na verwys is as die "konvooijas" Die vloot het 'n kameelkleur variant uitgereik as 'n staande item van warm klere tydens Eerste Wêreldoorlog.
Groot voorrade van na-oorlogse militêre surplusjasse het beskikbaar geraak teen billike pryse aan die algemene publiek. Dit het beteken dat hierdie jasse 'n alomteenwoordige en gewilde klere-item was in die 1950's en 1960's, veral onder jong mense.
In moderne tye is die tipe materiaal wat gebruik word om duffeljasse te maak bekend as Melton lap, in teenstelling met die moderne duffellap van 'n sagter wolstof wat gebruik word vir hoëgraadse jasse en parkas.
Wiki Commons bevat media in verband met duffelbaadjies. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kombersjas, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.