Koerdies: Wes-Iraanse taal

Koerdies (كوردی, Kurdî, Kurdí), oftewel die Koerdiese tale (زمانی کوردی, Zimanê kurdî), is 'n dialekkontinuum wat aan die Irannese tale behoort en deur etniese Koerde in die geokulturele streek Koerdistan en die Koerdiese diaspora gepraat word.

    Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Koerde.

Die drie Koerdiese tale is Noord-Koerdies (Kurmanji), Sentraal-Koerdies (Sorani) en Suid-Koerdies (Xwarîn). 'n Ander groep van nie-Koerdiese Noordwestelike Irannese tale, die Zazaki-Gorani-tale, word ook deur miljoene se etniese Koerde gepraat. Volgens ondersoeke in 2009 word die aantal Koerdiese moedertaalsprekers in Turkye op tussen 8 en 20 miljoen geraam. Die meerderheid Koerde praat Koermandsji. Die meeste Koerdiese tekste is in Koermandsji en Sorani geskryf. Koermandsji word met die Hawar-alfabet geskryf, 'n aangepaste weergawe van die Latynse alfabet, en Sorani word met die Sorani-alfabet geskryf, 'n variant van die Arabiese alfabet.

Koerdies
كوردی, Kurdî, Kurdí
Zimanê kurdî, زمانی کوردی
Gepraat in: Vlag van Turkye Turkye
Vlag van Irak Irak
Vlag van Iran Iran
Vlag van Sirië Sirië
Vlag van Armenië Armenië
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan
Vlag van Georgië Georgië
Vlag van Duitsland Duitsland 
Gebied: Wes-Asië
Totale sprekers: 30 miljoen
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Irannees
   Wes-Irannees
    Koerdies 
Skrifstelsel: Arabiese alfabet, Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Irak Irak
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: ku
ISO 639-2: kur
ISO 639-3: kur 
Verspreiding van Koerdies
Koerdies: Wes-Iraanse taal
Verspreiding van Koerdiese tale wat deur Koerde gepraat word:

   Koermandsji

   Sorani

   Suid-Koerdies

   Zazaki

   Gorani

   gemeng

Koerdies: Wes-Iraanse taal
Die woord "Kurdî", كوردی, in die Arabiese en Latynse alfabet

Die kategorisering van Laki as 'n dialek van Suid-Koerdies of as 'n vierde Koerdiese taal is tans die onderwerp van 'n debat, maar die onderskeie tussen Laki en ander Suid-Koerdiese dialekte is minimaal.

Tot in die 20ste eeu was die literêre uitset in Koerdies veral beperk tot poësie, toe meer algemene literatuur verskyn het. Vandag word veral die twee Koerdiese dialekte Koermandsji en Sorani vir skryfwerk gebruik. Sorani is saam met Arabies een van Irak se twee ampstale en word in politieke dokumente eenvoudig "Koerdies" genoem.

Verwysings

Eksterne skakels

Koerdies: Wes-Iraanse taal 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Koerdies

Tags:

Arabiese alfabetDialekDiasporaGoraniIrannese taleKoerdeKoerdistanKoermandsjiLatynse alfabetMoedertaalSoraniSuid-KoerdiesZazaki

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StikstofYouTubePolisieSelDanie du ToitDolfynGeelsugCorioliskragWeer (meteorologie)SatellietfotoOos-KaapSowjetunieGriepAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeApartheidAkroniemWoordsoortPêrelSlag van Cuito CuanavaleMetafoorDemokrasieTuisbladFisioterapieKaapstadse waterkrisis 2015-2018TekstielKommunismeLionel PetersonGrootste rampe in Suid-AfrikaSophie SchollLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGroot DepressieMenseregtedagVulvaIsraelLys van medisinale kruieMobutu Sese SekoNicola HanekomKindersiektesTranspirasiePenisEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAtlantiese OseaanHomoniemSomerAlice MunroRuan PienaarAdolf HitlerKuberkrakerPikkewynGeldKoos BekkerGewone luislangCristiano RonaldoVlinderViëtnamLys van Afrikaanse skrywersJan van TonderMierTelwoordJames AlexanderDeelstate van die Verenigde State van AmerikaDigvormErdwurmKragopwekkingNaaldekokerBeenbreuke en ontwrigtingsKarooWaterbesoedelingGemeenskapsorganisasieVerfKoorsblaarGeskiedenis van AfrikaansKoos du PlessisPseudowetenskapAntjie KrogKrokodil🡆 More