Die koeniebos (Searsia undulata) is 'n boom of struik wat in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap voorkom asook Namibië.
Koeniebos | |
---|---|
Tak met vrugte | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. undulata |
Binomiale naam | |
Searsia undulata (Jacq.) T.S.Yi, A.J.Mill. & J.Wen, (2004) | |
Sinonieme | |
Dit is 'n immergroen struik of klein boom wat in halfwoestyn- of karooagtige gebiede gevind kan word. Die takke eindig dikwels in stywe spore en die pinnas is haarloos en dikwels bedek met blink uitsweetstof. Die blare is donkergroen met 'n gelakte glansende uitsig. Hulle is dikwels merkbaar golwend en word in die tradisionele geneeskuns aangewend.
Die struik bereik 'n hoogte van 3 meter. Hulle kan uit sade verkry en in tuine aangeplant word, maar die temperatuur moet bokant 9 oC bly.
Die boom se FSA-nommer is 389.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Koeniebos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.