Kobe: Hoofstad van die prefektuur Hyōgo, Japan

Kobe (神戸市, Kōbe-shi?) is die hoofstad van die Hyogo-prefektuur en 'n vername hawestad in Japan met 'n bevolking van ongeveer 1,5 miljoen.

Die stad is in die Kansaigebied van Japan geleë en is deel van die Osaka-Kobe-Kioto- metropolitaanse gebied. Kobe word geklassifiseer as een van Japan se sewentien aangewese stede.

Kobe

神戸市
Stad
Kobe: Hoofstad van die prefektuur Hyōgo, Japan
Vlag van Kobe
Vlag
Wapen van Kobe
Wapen
Ligging van Kobe in die Hiogo-prefektuur
Ligging van Kobe in die Hiogo-prefektuur
Kobe is in Japan
Kobe
Kobe
Ligging van Kobe in Japan
Koördinate: 34°41′24″N 135°11′44″O / 34.69000°N 135.19556°O / 34.69000; 135.19556
LandVlag van Japan Japan
EilandHonsjoe
StreekKinki
PrefektuurKobe: Hoofstad van die prefektuur Hyōgo, Japan Hiogo
Eerste verwysing201
Stadstatus1 April 1889
Regering
 • BurgemeesterKizō Hisamoto
Oppervlak
 • Stad557,02 km2 (215,07 vk. myl)
Bevolking
 • Stad1 522 188
 • Digtheid2 732/km2 (7 078/vk. myl)
 • Metro
2 419 973
TydsoneUTC+09:00 (Japan Standaardtyd)
Poskode
650-8570
BoomCamellia sasanqua
Webwerfcity.kobe.lg.jp
Kobe: Hoofstad van die prefektuur Hyōgo, Japan
Arima-Onsen

Die stad het aanvanklik as Ōwada Anchorage (大輪田泊 Ōwada-no-tomari?) bekendgestaan. Die vroegste geskrewe verwysings na die gebied is deur Nihon Sjoki, wat die stigting van die Ikoeta-heiligdom in 201 deur keiserin Jingoe beskryf het. Vir die grootste deel van die gebied se geskiedenis was dit nie 'n enkele politiese eenheid nie; selfs tydens die Tokoegawa-tydperk, toe die hawe direk deur die Tokoegawa-sjogoenaat beheer is. Kobe in sy huidige vorm is in 1889 gestig. Die naam kom van "kanbe" (神戸 kanbe?), 'n argaïese titel vir volgelinge van die stad se Ikoeta-heiligdom. Dit het in 1956 een van Japan se aangewese stede geword.

Kobe was een van die eerste stede in Japan wat oopgestel is vir handel met die Weste na die beëindiging van die Sakokoe-isolasiebeleid en het sedertdien as 'n metropolitaanse hawestad bekend geword. Hoewel die Groot Hansjin-aardbewing in 1995 afbreuk gedoen het aan Kobe se rol as hawestad bly dit steeds Japan se vierde besigste behoueringhawe. Maatskappye wat hulle hoofkantore in Kobe het, sluit in ASICS, Kawasaki-swaarindustrieë en Kobe-staal, sowel as 100 internasionale maatskappye met hulle Asiese of Japannese hoofkantore in die stad soos Procter & Gamble en Nestlé.

Die stad is ook bekend danksy Kobe-bief sowel as een van Japan se bekendste onsen-warmwaterbronne, Arima Onsen. Die Kobe-hawetoring is 'n bekende landmerk in die stad.

Kobe was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het, asook een van die vergaderplekke tydens die Rugbywêreldbeker 2019.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

HoofstadHulp:JapaneesHyogo-prefektuurJapan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ProteïenLys van munisipaliteite in Suid-AfrikaGeestesteuringSonAlkoholismeAsemhalingGemengde ekonomieGesondheidXenofobieSpelerposisies in rugbyArmoedeSirkelLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsDundermTaalObesiteitKoöperasiestoriesJo BlackMoslemMansa MusaDonkieSuikersiekteMorfologie (taalkunde)TuisbladWoudWikipediaSkynwerklikheidHindoeïsmeVoedingGeografie van Suid-AfrikaEngelandBreinkaartSonnestelselCarles PuigdemontGasa-Israel-konflik van Oktober 2023SeekoeiEgipteSlakVerenigde KoninkrykHoutDemi Lee MooreGeestesgesondheidKennisRegardt van den BerghVerhoudingPrieskaBlaarSuid-AfrikaOrganisasie sonder winsoogmerkBesproeiingStressorTromProvinsies van Suid-AfrikaArmoedeverligtingIndiëWiki CommonsSeksuele oriëntasieBrandmondsindroomPuberteitNarsismeSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSuid-Afrikaanse randPornografieKlinkerGlobaliseringBosveldvisvangerMaroela MediaRugbyKatGeslagsorgaanEkosisteemekologieBaarmoederPolisieSamelewingKwashiorkorSlag van Majuba🡆 More