Knysnabrande: 'n reeks brande wat vroeg in Junie 2017 in bebosde dele van die suidelike Wes-Kaap en Oos-Kaap gewoed het

Die Knysnabrande was 'n reeks brande wat vroeg in Junie 2017 in bebosde dele van die suidelike Wes- en Oos-Kaap gewoed het.

Stormsterk wind van 50 tot 90 km/h het die brande oor 'n afstand van 100 km aangeblaas sodat ekstensiewe skade aangerig is voordat dit uitgewoed het of onder bedwang gebring kon word. Volgens 'n verslag van die WNNR het dit ontstaan nadat die stormwind 'n smeulende bos opnuut laat opvlam het. Die brand het om en by 'n duisend huise verwoes en die lewens van 7 mense te Knysna en 2 te Port Elizabeth geëis, waaronder twee wat besig was om die brand te bestry.

Knysnabrande: 'n reeks brande wat vroeg in Junie 2017 in bebosde dele van die suidelike Wes-Kaap en Oos-Kaap gewoed het
'n Intense koue front veroorsaak dat stormsterk winde van 6 tot 8 Junie 2017 oor die Wes-Kaap waai. Die brande wat ontstaan word in rooi aangedui.
Knysnabrande: 'n reeks brande wat vroeg in Junie 2017 in bebosde dele van die suidelike Wes-Kaap en Oos-Kaap gewoed het
Hierdie gesig op die Tuinroete-gebied van die Wes-Kaap is op 14 Junie 2017 tydens IRS-ekspedisie 52 verkry. Oos van Diepwalle-staatsbos woed 'n brand langs die Kransbosrivier, en die Knysna-strandmeer is steeds in rook gehul.

Volgens Phillip Frost van die WNNR is die bos te Elandskraal naby Karatara reeds op 22 Maart deur weerlig getref, en die brand het dan waarskynlik ondergronds in boomwortels gesmeul. Op 6 en 7 Junie het stormwinde van 120 km/h oor die Kaapse skierleiland, en bergwinde van 50 km/h oor die suid-Kaap gewaai. Dit het dadelik tussen 20 en 30 omvangryke brande in die omstreke van Knysna aangeblaas. Nege mense het in die vlamme gesterf, sowat 10 000 moes skuiling soek teen die vuur, en om en by 600 strukture het in die omgewing van Plettenbergbaai, Knysna en Port Elizabeth in die slag gebly. Bykans 20 000 hektaar is in puin gelê, en skenkings het van regoor die land ingestroom om hulpbehoewendes by te staan.

Die brande is gekenmerk deur die grootste ontplooiing van brandbestryders tot nog toe in Suid-Afrika. Altesaam 985 brandbestryders, 78 voertuie, tien helikopters, en twee vastevlerkvliegtuie is tussen 6 en 10 Junie 2017 aangewend om die brand onder bedwang te bring. Daar word vermoed dat die brande skade van tussen R4 miljard en R5 miljard aan privaateiendom aangerig het, benewens 'n bykomende R136 miljoen se skade aan publieke infrastruktuur. Versekeringsuitbetalings het meer as R2 miljard beloop.

Daar word beweer dat verdigting van uitheemse indringerplante bygedra het tot die omvang van die ramp. Dit was na bewering die grootste brand in Suid-Afrika sedert 1869, en het met die ergste plaaslike droogte in 'n eeu saamgeval. 'n Nie-amptelike vermoede het aanvanklik bestaan dat sommige van die brande deur brandstigters veroorsaak is.

Verwysings

Tags:

KnysnaOos-KaapPort ElizabethWNNRWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VormTweede WêreldoorlogTrekarbeidAfrikaanse taalleerDoelwitFrederik Willem de KlerkNedersettingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSamestellende afleidingGriepFiksieDokterReënSonkragSkuinsstreepHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVerkoueLys van chemiese elemente volgens atoomgetalElandréWaterstofMenseregteKaapse VlakteAanpassingskapasiteitGrondwetAntisemitismeLys van veltoestandeVrymesselaryLSpelerposisies in rugbySwartbewussynsbewegingGeskiedenis van Suid-AfrikaBernice WestDomkragMantisThe CranberriesMonopolieWeerfrontOntbossingMaroela MediaFranse RewolusieSelfstandige naamwoordWoordsoortTuisbladVaste stofChemiese elementRepubliek die KongoEkonomieStilleweVerenigde KoninkrykDistrik SesSelfmoordLys van politieke partye in Suid-AfrikaNetbalMandalaLys van kinderspeletjiesSaartjie BaartmanGeweldSonpaneelVeelvoudige sinRumatiekSwartPampoentjiesSelKlankKindermishandelingInstagramIngrid JonkerKorrupsieIdioomHoofstadAfleiding (taalkunde)SkoenlapperSoutsuurKoper🡆 More