Kljoetsjefskaja Sopka

Die berg Kljoetsjefskaja Sopka (Russies: Ключевская сопка; ook bekend as Kljoetsjefskoi, Russies: Ключевской) is 'n stratovulkaan, die hoogste berg op die Kamtsjatka-skiereiland en in Siberië, Rusland, en die hoogste aktiewe vulkaan in Eurasië.

Sy steil, simmetriese keëls toring sowat 100 km bo die Beringsee uit. Die vulkaan is deel van 'n Unesco-wêrelderfenisterrein.

Kljoetsjefskaja Sopka
Die berg Kljoetsjefskaja Sopka in Januarie 2007. Die berg Kljoetsjefskaja Sopka in Januarie 2007.
Ligging Kamtsjatka, Rusland
Hoogte 4 754 meter bo seevlak
Prominensie 4 649
Reeks Oostelike Bergreeks
Koördinate 56°03′21″N 160°38′38″O / 56.05583°N 160.64389°O / 56.05583; 160.64389 160°38′38″O / 56.05583°N 160.64389°O / 56.05583; 160.64389
Bergtipe Stratovulkaan (aktief)
Laaste uitbarsting 2021
Ligging van Kljoetsjefskaja Sopka op 'n kaart (Kamtsjatka-krai)
Kljoetsjefskaja Sopka
Kljoetsjefskaja Sopka
Die ligging in Kamtsjatka.

Kljoetsjefskaja het sowat 6 000 jaar gelede ontstaan. Sy eerste aangetekende uitbarsting het in 1697 voorgekom, en sedertdien was dit feitlik onophoudelik aktief, nes baie naburige vulkane. In 1931 is verskeie bergklimmers gedood deur lawa wat deur die lug getrek het toe hulle na onder klim. Omdat dieselfde soort gevare vandag dreig, klim min mense die berg.

Sommige inheemse volke beskou Kljoetsjefskaja Sopka as heilig en glo dit is waar die wêreld geskep is. Ander berge in die gebied word ook as heilig beskou, maar Kljoetsjefskaja Sopka is die heiligste van hulle.

Uitbarstings

2007

Vroeg in Januarie 2007 het Kljoetsjefskaja Sopka nog 'n uitbarstingsiklus begin. Studente van Alaska het na Kamtsjatka gereis om die uitbarsting te monitor. Op 28 Junie 2007 het die vulkaan die ergste uitbarstings in dié siklus ondervind. 'n Aspluim het 'n hoogte van 10 km bereik voordat dit ooswaarts gewaai is en lugverkeer belemmer het.

2010

Reeds op 27 Februarie 2010 het gaspluime van die berg 'n hoogte van 7 000 m bereik en in die eerste week van Maart 2010 is beide ontploffende asuitbarstings en uitstromende lawauitbarstings waargeneem tot op 9 Maart, toe die aswolk 'n hoogte van 6 000 m bereik het.

2012

Op 15 Oktober 2012 het die vulkaan 'n swak uitbarsting beleef wat die volgende dag opgehou het. Al die naburige vulkane – Bezimianni, Karimski, Kizimen, Sjiweloetsj en Tolbatsjik – het groter uitbarstings beleef en het Kljoetsjefskaja Sopka van 'n groot magmatoevoer verlig.

2013

Kljoetsjefskaja Sopka 
'n Beeld in vals kleur van die uitbarsting op 17 Oktober 2013.

Op 25 Januarie 2013 het die vulkaan 'n swak Stromboliese uitbarsting gehad wat die volgende dag opgehou het. In Januarie 2013 het al die vulkane is die oostelike deel van Kamtsjatka uitgebars, buiten Kamen.

Op 15 Augustus 2013 het die vulkaan nog 'n swak Stromboliese uitbarsting gehad wat op 21 Augustus gestop het. Op 12 Oktober het die berg nog drie dae lank af en toe uitgebars. 'n Uitbarsting uit 'n nuwe sintelkeël aan Kljoetsjefskaja Sopka se suidwestelike flank het op 12 Oktober voorgekom en 'n aspluim het 6-7 km in die lug opgetrek en ooswaarts gewaai. Teen 16 Oktober het dit opgehou.

Op 19 November het 'n sterk uitbarsting plaasgevind en aspluime het 10-12 km hoog gestyg. Later die dag was die pluime laer en die uitbarstings het swakker geraak.

Nog uitbarstings het op 7 Desember voorgekom. 'n Waarskuwing is vir vliegtuie uitgereik, maar op 9 Desember het uitbarstings skielik opgehou.

2015

Op 2 Januarie, ná 'n onaktiewe tydperk van 'n jaar, het die vulkan weer 'n Stromboliese uitbarsting gehad wat op 16 Januarie opgehou het. Klein uitbarstings het op 10 Maart begin en op 24 Maart opgehou.

Op 27 Augustus was daar 'n uitbarsting wat 'n paar uur aangehou het en op 25 Oktober het dit weer 'n Stromboliese uitbarsting gehad wat 30 uur later opgehou het. Sulke klein uitbarstings het deur 2016 en tot in 2019 aangehou.

2019-2020

Nuwe uitbarstings het in 2019 begin en tot in 2020 aangehou. 'n Onlangs uitbarsting het op 9 Desember 2020 plaasgevind.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Kljoetsjefskaja Sopka  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Kljoetsjefskaja Sopka UitbarstingsKljoetsjefskaja Sopka VerwysingsKljoetsjefskaja Sopka Eksterne skakelsKljoetsjefskaja SopkaBergBeringseeEurasiëKamtsjatka-skiereilandRuslandRussiesSiberiëStratovulkaanUnescoVulkaanWêrelderfenisterrein

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GordelroosVerenigde State van AmerikaBoet TroskieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalJacques LootsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Fritz WepperVolksrepubliek ChinaAfrikanersKameelperdAngina pectorisAnilingusGetalSkarlakenkoorsVlag van LibanonHomofoonCSSSwangerskap2024 Australiese Grand PrixKewerOntsteking (geneeskunde)Weer (meteorologie)AkroniemDemi Lee MooreFridtjof NansenNederduitse Gereformeerde KerkKrampLionel MessiAfrikaanse taalleerSarah Rose KarrEpilepsieGeurmiddelMisdaadWaterhertDassievoëlWhitey BassonCKlankverskynselsOosters-Ortodokse KerkPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAfkortingOnse VaderVigsNaeltjiesKatMarie PentzMiddeloorontstekingSmall HandsBreingewasWaverKanadese nasionale krieketspanByvoeglike naamwoordGianna MichaelsMarkus JoosteRam (sterreteken)SuiwelprodukKolonoskopieTegnologieN.P. van Wyk LouwOlifantSuid-Afrikaanse randTropiese sikloonLiturgiese jaarLibiëGewone luislangBynierDermpoliepKoppeltekenFiksieKoreaanse nasionale rugbyspanSeksuele penetrasieEierleier🡆 More