Klipspringer

Die klipspringer (Oreotragus oreotragus) is een van die kleinste wildsbokkies in Afrika en word op klipkoppies en bergagtige dele van Suider en Oos-Afrika en Ethiopië aangetref.

Hierdie bokke is baie akrobaties en kan met gemak deur hulle rotsagtige habitat beweeg. 'n Klipspringer se hoewe is so gevorm dat dit lyk asof hy op sy tone loop.

Klipspringer
Klipspringer
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Oreotragus

A. Smith, 1834
Spesie:
O. oreotragus
Binomiale naam
Oreotragus oreotragus
(Zimmerman, 1783)
Klipspringer
Verspreiding van die klipspringer

Volwasse klipspringers het 'n gemiddelde massa van 16 kg en 'n hoogte van ongeveer 60 cm. Ooie is ietwat groter as die ramme. Die ram het skerp, reguit horings wat tot 16 cm lank kan word; die ooie van 'n paar subspesies in Oos-Afrika het ook horinkies. Klipspringers het 'n gelerige huid, met 'n wit pens. Die binnekant van die ore is ook wit. Hulle het ook 'n unieke huid onder die antilope: lang hare wat skerp en bros is, wat dig teen hulle lywe lê om hulle teen die ruwe, bergagtige habitat te beskerm. Daar is verskeie subspesies wat hoofsaaklik volgens die diere se huidkleur gedifferensieer word.

Klipspringer

Buiten sy grootte, kan die klipspringer uitgeken word aan sy houding: hy het klein, silindervormige hoef wat só groei dat dit lyk of die dier op sy tone loop. Ander kenmerke is die prominente donker vogkliere aan die binnehoeke van sy oë en sy besonders kort stert.

Soos die naam aandui, kan klipspringers maklik van klip tot klip spring en het hulle slegs 'n klein vastrapplek nodig. Hulle kan maklik bo-op rotspunte gesien word, waar hulle doodstil staan en die gebied om hulle bespied. Wanneer hulle bedreig word, uiter hulle 'n sagte fluitgeluid en slaan dan op die vlug.

Klipspringers is enkellopende diere, maar word soms ook in pare aangetref. Hulle is veral vroeg oggend en laat middag aktief en slaap dan tydens die warmste tyd van die dag.

'n Klipspringer se dieet bestaan hoofsaaklik uit gras en jong lote; hy verkry ook die nodige water van die blare en is dus nie afhanklik van 'n varswaterbron nie.

Die ooi is ongeveer 7 maande dragtig waarna 'n enkele lammetjie in die somer gebore word.

Sien ook

Bronnelys en verwysings

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • Klipspringer in Wêreldspektrum, volume 15. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerwelkolomEjakulasieHadjSlag van Cuito CuanavaleSkaapGeskiedenis van AfrikaansTegnologieKappie (skryfteken)Anale kankerVerenigde State van AmerikaKankerSuider-AfrikaAnnelize van der RystTropiese sikloonMensKunsGeelsugJohannes VermeerMondOnderwys (geskiedenis)Ingrid JonkerEuropese UnieHoërskool NoordheuwelKaapstadEKarlien van JaarsveldAfkortingOoiOpgestopte speelgoedOraniaWikipediaEmily HobhouseRykie van ReenenKoningNederduitse Gereformeerde KerkSuiwelprodukVerenigde KoninkrykKrokus Stadsaal-aanvalMieliestronkRegardt van den BerghJacques LootsGebande muishondBloutongsiekteSuikersiekteCleopatra VIIAntieke EgipteWes-AfrikaBarionVerkoueGedigNagapieVaginaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeYouTubeKoedoeCecil John RhodesMadison IvyOnderhandelinge om apartheid te beëindigAndré SchwartzAnale seksSkilpadPofadder (slang)Peach van PletzenMaagsweerBateSelfmoordPiet ByleveldAkuutThabo Mbeki🡆 More