Hedera

Hedera, beter bekend as klimop (Engels: ivy), is ’n genus van 12 tot 15 spesies immergroen rankplante in die familie Araliaceae, wat inheems is aan Wes-, Sentraal- en Suid-Europa, Makaronesië, Noordwes-Afrika en oor Sentraalsuid-Asië oos tot Japan en Taiwan.

Hedera
Hedera
Hedera helix.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Rosidae
Orde:
Apiales
Familie:
Subfamilie:
Aralioideae
Tribus:
Schefflerieae
Genus:
Hedera

L.

Eienskappe

Hedera 
Die blomme se nektar lok bye en ander insekte.

Op die grond is die klimop ’n dekplant wat nie hoër as 5 tot 20 cm hoog word nie. Teen oppervlakke soos mure, bome, en rotse kan hulle rank tot minstens 30 meter bo die grond. Klimoppe kan twee vorms blare hê: gelobde jong blare aan kruipende of klimmende plante en ongelobde, ouer blare aan plante wat in volle sonlig staan en hoog bo die grond uitgroei.

Die blomme is groenerig-geel en het vyf kroonblare. Hulle is ryk aan nektar. Die vrugte is groenerig-swart, donkerpers of soms geel bessies van 5 tot 10 mm breed met een tot vyf sade wat in die laat winter tot middel lente ryp word. Die sade word deur voëls versprei.

Spesies

Die verskillende spesies se blare verskil van vorm en grootte, en sommige se vrugte lyk ook anders. Die volgende spesies word algemeen aanvaar; hulle word in twee groepe verdeel, na gelang van of die trigome aan die onderkant van die blare skub- of stervormig is:

  • Skubvormige trigome
    • Hedera algeriensis
    • Hedera canariensis
    • Hedera colchica
    • Hedera cypria
    • Hedera iberica
    • Hedera maderensis
    • Hedera maroccana
    • Hedera nepalensis
    • Hedera pastuchowii
    • Hedera rhombea
  • Stervormige trigome
    • Hedera azorica
    • Hedera helix
    • Hedera hibernica

Die enigste hibried waarby klimoppe betrokke is, is die intergenetiese hibried × Fatshedera lizei, ’n kruising tussen Fatsia japonica en Hedera hibernica. Dit is in 1910 in Frankryk bekend gestel, en is nog nie weer suksesvol herhaal nie; dit word in omloop gehou deur vegetatiewe (aseksueel) voortplanting.

Probleme

Sommige klimopspesies het indringerplante geword in sekere gebiede soos dele van Noord-Amerika en Australië.

Die bessies is effens giftig vir die mens, maar hulle is baie bitter en vergiftiging kom dus selde voor. Die blare kan ’n allergiese reaksie veroorsaak by sommige mense wat ook vir onder meer wortels allergies is.

Die blare kan dof word as dit te veel sonlig kry en swart van te veel water. Rooimyte, blaaspootjies, plantluise, dopluise en roetskimmel kan voorkom.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Hedera EienskappeHedera SpesiesHedera ProblemeHedera GaleryHedera VerwysingsHedera Eksterne skakelsHedera

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nasionale VrouedagNederlandsKernkragRenosterZack du PlessisIranValentynsdagBaälHennie MaasBorskankerVarkAalwynOorstromingWaterKankerJeugdagKrugerwildtuinLetterlike en figuurlike taalgebruikBTWKaliumBoer Soek 'n VrouHeelgetalIdioomBeesKragopwekkingWet op NaturellengrondAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAkroniemOvulasieOogproblemeChristendomRatelLys van musiekinstrumenteEnsiklopedieStereotipeNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySirkusBynierKunsmisAppendiksGeografie van Suid-AfrikaPsigopatieSelfstandige naamwoordBeesvleisPseudowetenskapGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaRooilipslangBloedsomloopstelselGasFranklin D. RooseveltSamestellingKaren MeiringDulcie van den BerghElandréUnited Democratic FrontHemelvaartsdagVryheidsdagJudaïsmeBeeldspraakSiya KolisiAfkortingMieliestronkMynbouFosforVleilandOligopolieDiarreeToestand van materieDigvormAlliterasieToekoms van die AardeSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMagda van BiljonShakaKoorsL🡆 More