Klimenti Nagorni: Russiese matroos

Klimenti Grigorjewitsj Nagorni (Russies: Климе́нтий Григо́рьевич Наго́рный; 6 Februarie 1887 - 6 Julie 1918) was 'n matroos van die keiserlike jag Sjtandart en die oppasser van tsarewitsj Aleksei van Rusland, die siek seun van tsaar Nikolaas II en sy vrou, Aleksandra Fjodorowna.

25 Januarie] 1887 - 6 Julie 1918) was 'n matroos van die keiserlike jag Sjtandart en die oppasser van tsarewitsj Aleksei van Rusland, die siek seun van tsaar Nikolaas II en sy vrou, Aleksandra Fjodorowna.

Klimenti Nagorni: Biografie, Verwysings, Skakels
Klimenti Nagorni.
Klimenti Nagorni: Biografie, Verwysings, Skakels
Nagorni en Aleksei, 1914 of later.

Onder sy pligte het getel om die tsarewitsj op te pas, hom te dra wanneer hy weens sy hemofilie nie kon loop nie, met hom te speel en hom te vermaak.

Ná die gedwonge abdikasie van Nikolaas II het Nagorni die gesin in bannelingskap na Jekaterinburg gevolg. Hy was woedend oor die omstandighede waarin die gesin in die Ipatijef-huis aangehou is en die diefstal van goed wat aan die gesin behoort het deur van die wagte.

Hy is in hegtenis geneem en kort daarna deur die Bolsjewiste doodgeskiet, kort voor die moord op die Romanofs.

Biografie

Klimenti Nagorni: Biografie, Verwysings, Skakels 
Nagorni trek Aleksei en sy vriende rond in 'n waentjie.
Klimenti Nagorni: Biografie, Verwysings, Skakels 
Nagorni en Aleksei op Tsarskoje Selo, 1907.

Nagorni was uit 'n kleinboergesin en ongetroud. Hy was 'n matroos op die keiserlike jag Sjtandart, waar hy in Desember 1913 in diens geneem is as 'n assistent van die tsarewitsj se oppasser, of "oom" (дядька, djadka), bootsman Andrei Derewenko. Derewenko moes die seun op uitstappies neem en hom beskerm en vermaak. Dr. Jewgeni Botkin het in 'n brief geskryf soos hy dit verstaan, sal Derewenko "steeds die 'oom' van Sy Hoogheid die Erfgenaam genoem word, maar wettiglik sal hy die pos van lakei hê en sy assistent, Nagorni, dié van 'n kamerdienaar".

Nadat Derewenko ná die Februarie-rewolusie saam met die soldate van die rewolusie uit Tsarskoje Selo is, het Nagorni Aleksei se "oom" geword.

Bannelingskap en dood

Toe die keiserlike gesin in Augustus 1917 na Tobolsk in Siberië verban is, kon al die lede van die huishouding kies of hulle die keiser se diens wou verlaat, maar Nagorni het gekies om by die geabdikeerde monarg en sy gesin te bly en saam met hulle in bannelingskap te gaan.

In April 1918 het 'n Bolsjewiste-eenheid in Tobolsk aangekom onder bevel van matroos Pawel Danilowitsj Chochrjakof van die Baltiese Vloot. Toe hy hoor daar is Baltiese matrose onder die tsaar se gevolg, het Chochrjakof gedreig om iets te doen aan die "verraaiers van die rewolusie" wat die "rewolusionêre vloot oneer aandoen" as hulle nie dadelik die keiserlike diens verlaat nie

Toe die keiserlike gesin in twee groepe na Jekatreinburg gestuur word weens die siekte van die tsarewitsj, is Nagorni in die tweede groep saam met Aleksei en drie groothertoginne gestuur.. Hulle het in Mei 1918 in Jekaterinburg aangekom. Verklarings is van al die diensknegte afgeneem. Nogorni s'n het bewaar gebly. Daarin belowe hy om as dienaar van die tsaar die bevele van die Oeralse streeksraad wat deur die kommandant van die huis met 'n spesiale doel uitgereik word, te gehoorsaam en uit te voer, nes die res van die Romanof-gesin. Volgens die historikus W.M. Chroestalef het die diensknegte, deur dié verklarings af te lê, hulle eie doodsvonnisse geteken : 443

Volgens ooggetuies kon Nagorni nie stilbly oor die wagte se slegte behandeling van die tsarewitsj nie. Reeds op die stoomskip Roes van Tobolsk na Jekaterinbrug het Nagorni Alksei verdedig toe hulle in 'n kamer toegesluit is. Die kinders se oppasser, Aleksandra Aleksandrowna Tjeglewa, onthou dat Nagorni baie sterk opgetree en sy eie lot verseël het. "Toe ons in Jekaterinburg aankom, het hy gesê: 'Hulle gaan my ook seker doodmaak.' "

In die Ipatijef-huis het Nagorni en die lakei van die groothertoginne, Iwan Dmitrjewitsj Sednef met die wagte gestry oor die behandeling van die gevangenes. Hulle het die onwelvoeglike woorde en tekeninge wat die soldate van die Rooi Leër op die mure aangebring het om die keiserlike familie te tart, afgewas. Hulle het ook beswaar aanteken teen die feit dat van die wagte die gesin se besittings gesteel het. Pierre Gilliard het later onthou hoe die twee nie hulle verontwaardiging kon wegsteek oor 'n goue ketting wat van die kant van die tsarewitsj se bed verwyder is nie.

Op 28 Mei is die matrose uit die huis verwyder en tronk toe gestuur. Vroeg in Junie (volgens sommige, of vroeg in Julie volgens ander) 1918 is hulle en 'n groep ander gevangenes na 'n stil plek geneem en in die geheim in die rug geskiet omdat hulle "die saak van die rewolusie verraai het". Hulle lyke is op die toneel gelos sonder om begrawe te word. Toe die Wit beweging Jekaterinburg bereik en die lyke van Nagorni en Sednef vind, half ontbind en half deur voëls gevreet, is hulle begrawe.

Op 16 Oktober 2009 het die kantoor van die Russiese prokureur-genraal 52 lede van die keiser se huishouding, onder andere Nagorni, gerehabiliteer.

Verwysings

Skakels

  • Klimenti Nagorni: Biografie, Verwysings, Skakels  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Russiese Wiki vertaal.

Tags:

Klimenti Nagorni BiografieKlimenti Nagorni VerwysingsKlimenti Nagorni SkakelsKlimenti NagorniAleksei Nikolajewitsj, tsarewitsj van RuslandNikolaas II van RuslandOu Styl en Nuwe Styl datumsPrinses Alix van Hesse-DarmstadtRuslandRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LidwoordRookgewoonteVigsLenteMikro-ekonomieSelfoonIronieGipsLys van Suider-Afrikaanse soogdiereToringTropiese sikloonSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMaselsAbstraksie (rekenaarwetenskap)SkrywerSokkerStadMiddelmisbruik1913AfrikanersBek-en-klouseerPornografiese akteurKlein-KarooHeks van HexrivierOmtrek, oppervlakte en volumeVoegwoordVryheidsdagNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyOorstromingOnderwysTamatieSuid-AfrikaSwartkwasmuishondTydSkaapKaaps-Hollandse stylKlem-in-die-kaakVarkMalariaInvloed van vigs op die ekonomieJeanette FerreiraVrystaatTweede Nuwe JaarSiya KolisiSuid-Afrika-WetLewerAfrikaanse TaalmonumentMusiekMaatskappyAgtervoegselChristendomGeweldVulkaanKlimaatsverandering in AfrikaPseudowetenskapMona LisaParasitiese siektesLugbesoedelingWaterbesparing in Suid-AfrikaViëtnamoorlogWesterse filosofieLeeuCristiano RonaldoDistrik SesAarverkalkingRooibokHulpwerkwoordVakbondInstagramDirekte en Indirekte redeRina HugoMisdaadKartografieAfrikaanse taalleerTuisbladTweede WêreldoorlogAsiëMotorvoertuig🡆 More