Kleisthenes Van Sikyon

Kleisthenes was die tiran van Sikyon van c.

600–570 v.C., wat 'n bydrae gelewer het tot die Eerste heilige oorlog teen Kirrha, waarin daardie stad in 595 v.C. vernietig is. Daar word ook vertel dat hy 'n suksesvolle stryd teen Argos aangevoor het weens sy anti-Doriese standpunte. Na sy sege het hy al die rapsodiste van Homeros afgeskaf, omdat hulle die inwoners van Argos opgehemel het. Die sleutelvernuwing van sy bewind, deur Herodotos vermeld, is die hervorming van die stamgroepstelsel in die stad Sikyon. Herodotos meld dat hy nuwe name aan al die stamme gegee het. Sy eie nie-Doriese stam is 'regeerders van die mense' genoem, terwyl die ander drie Doriese stamme na verskillende diere vernoem is. Herodotos vermeld egter nie wat hierdie hervorming deur Kleisthenes presies behels het nie. Wat die hervorming ook al was, blyk dit suksesvol te gewees het, aangesien al die stamme hul name vir 'n lang tyd behou het, selfs na die dood van Kleisthenes.

Kleisthenes Van Sikyon
Bouvalle van die Doriese tempel te Sikyon, sowat 25 km wes van Korinthe

Kleisthenes van Sikyon het 'n kompetisie uitgevaardig waarin sy pragtige dogter Agariste as die prys uitgeloof is. Die twee voorste aanspraakmakers was die Alkmaeonid Megakles, en Hippokleides. Omdat Hippokleides 'n gek van homself gemaak het deur dronk voor Kleisthenes te dans, is op Megakles besluit as eggenoot vir Agariste.

'n Familieverwant van Kleisthenes was die latere Kleisthenes van Athene en Agariste, die moeder van Perikles.

Die datum van sy afsterwe word geraam op omstreeks 532 v.C., of daarvoor.

Bronne

  • Sealey, Raphael: A History of the Greek City States 700–338 B.C. Berkeley: University of California Press, 1976.

Tags:

CircaDoriërsHomerosSikyonTiran

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloeddrukDroomHerpes simplexSomerHarry PotterAdolessensieKriekWaterpokkiesMuskietJan de WetGrondsoorteKlavierSuid-Afrikaanse WeermagAardeDaggaCorioliskragBokmakierieBevolkingDepressie (gemoedstoestand)Seksueel oordraagbare infeksieVraag en aanbodTennisSuikerbekkiesKlimaatsverandering in Suid-AfrikaEmosieGordelroosPornografiese akteurLys van Suider-Afrikaanse soogdiereNiemetaalSeksismeSwartbewussynsbewegingSwangerskapHoërskool OuteniquaBeroerteErfenisdag (Suid-Afrika)JazzKolonialismeVerkleurmannetjieMaagsweerOnderwys in Suid-AfrikaTrevor NasserAfrikaanse taalleerUnited Democratic FrontYouTubeBelvidere Holy Trinity-kerkSelfieLys van politieke partye in Suid-AfrikaCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaFinale OplossingVrymesselaryMiltLiewe HeksieSonja HerholdtSarel Jacob PretoriusArmoedeverligtingVulkanismeDigtheidProteïenAkademiaCounter-Strike (videospeletjie)FilosofieVlinderKragopwekkingAntisemitismeIsraelSuid-AfrikaStres in hoërskoolDikdermMuishondBraaiIngrid JonkerGroepsgebiedewetKalsiumStilleweBobby Angel🡆 More