Klawer, Wes-Kaap

Klawer is 'n redelike klein dorp in die Noordweste van die Wes-Kaap aan die N7 nasionale pad, 24 km wes-suidwes van Vanrhynsdorp en 283 km van Kaapstad.

Die naam is ontleen aan die wildeklawer wat in die omgewing groei.

Klawer
Klawer se spoorwegstasie
Klawer se spoorwegstasie
Klawer is in Wes-Kaap
Klawer
Klawer
Klawer, Wes-Kaap Klawer se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 31°47′S 18°37′O / 31.783°S 18.617°O / -31.783; 18.617 18°37′O / 31.783°S 18.617°O / -31.783; 18.617
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikWeskus
MunisipaliteitMatzikama
Oppervlak
 • Totaal6,41 km2 (2,47 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal6 234
 • Digtheid973/km2 (2 520/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense13.6%
 • Indiërs/Asiërs1.0%
 • Bruin mense75.3%
 • Swart mense9.4%
 • Ander0.7%
Taal (2011)
 • Afrikaans 89.2%
 • Xhosa 4.6%
 • Gebaretaal 3.1%
 • Engels 1.3%
 • Ander 1.8%
Poskode (strate)
8145
Poskode (posbusse)
8145
Skakelkode027
Klawer, Wes-Kaap
Die NG kerk op Klawer. Ds. Rautenbach het die hoeksteen gelê op 14 April 1962.

Geskiedenis

Dit is een van die jonger dorpe in die Matzikama munisipaliteit. Die NG gemeente Klawer is op 14 Desember 1949 afgestig. Die hele gemeente van 560 lidmate was, met uitsondering van 10 huisgesinne, voorheen deel van die gemeente Vanrhynsdorp.

Wapen

Klawer het op 'n stadium sy eie munisipaliteit gehad. Die raad het in 1987 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer.

Die wapen is : In goud, 'n deurlopende ingeboe groen punt belaai met 'n silwer treinwiel, in die skildhoof vergesel van twee groen klawerblare. Die helmteken bestaan uit twee druiwetrosse en twee klawerblare. Die wapenspreuk is Nil sine labore.

Besienswaardighede

Klawer word jaarliks in die lente in 'n tipiese Namakwalandse blommeparadys omskep. Vlotry word op die Doringrivier aangebied, 'n ideale manier om die rivier te verken, asook rotskuns naby sy oewers. Die plaas Windhoek, sowat 7 km buite die dorp, bied 'n geskiedkundige blik op die omgewing. Hier het die troepe van generaal Jan Smuts in 1902 met die Britte slaags geraak. Die Khoi en Boesmans se nalatenskap van rotskuns kan ook hier gesien word.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Klawer, Wes-Kaap GeskiedenisKlawer, Wes-Kaap WapenKlawer, Wes-Kaap BesienswaardighedeKlawer, Wes-Kaap Sien ookKlawer, Wes-Kaap VerwysingsKlawer, Wes-Kaap Eksterne skakelsKlawer, Wes-KaapKaapstadN7 (Suid-Afrika)VanrhynsdorpWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Weer (meteorologie)Ricus NelWinterSeksueel oordraagbare infeksieAce MagashuleWinnie Madikizela-MandelaReddingskakeVigsGroepsgebiedewetHerpes simplexWalt DisneySuid-Afrikaanse GrensoorlogSharpeville-slagtingAfleiding (taalkunde)HoofpynByStresTweede WêreldoorlogIdioomJanie du PlessisMiddelmisbruikSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994EnsiklopedieVerenigde State van AmerikaJeuksiekteKoos KombuisKomplementêre kleure7de LaanWikimedia-stigtingPsigopatieMaroela MediaRuan PienaarRepubliek van Zoid AfrikaMelaatsheidBloedingIranEskomLys van medisinale kruieGroot TrekLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaElandréSpringbokkeInflasieLys van bekende Suid-AfrikanersInstagramLys van lande volgens bevolkingCarles PuigdemontHannes van WykTekstielWayback MachineLeierLabia (geslagsdele)GetalDaggaVlinderAlkoholismeDonderstormSonsteekWieg van die MensdomSuid-Afrikaanse WeermagOrthopteraMetafoorNommertekenWoestynAfrikaanse TaalmonumentSuikerbekkiesErektiele disfunksieNiersteenCorioliskragNuwe TestamentSendelingposisiePols-oksimeterSirkelOrale seks🡆 More