Klaus Fuchs

Klaus Emil Julius Fuchs (29 Desember 1911 - 28 Januarie 1988) was 'n Duitse teoretiese fisikus en atoomspioen wat inligting van die Amerikaanse, Britse en Kanadese Manhattan-projek tydens en kort na die Tweede Wêreldoorlog aan die Sowjetunie verskaf het.

Terwyl hy in die Los Alamos Nasionale Laboratorium was, was Fuchs verantwoordelik vir baie belangrike teoretiese berekeninge rakende die eerste kernwapens en later vroeë modelle van die waterstofbom. Na sy skuldigbevinding in 1950 dien hy nege jaar gevangenisstraf in die Verenigde Koninkryk en verhuis daarna na Oos-Duitsland waar hy sy loopbaan as fisikus en wetenskaplike leier hervat.

Klaus Fuchs
Klaus Fuchs
Polisiefoto geneem 1940
Gebore
Klaus Emil Julius Fuchs

(1911-12-29)29 Desember 1911
Rüsselsheim, Duitse Ryk
Sterf28 Januarie 1988 (op 76)
NasionaliteitFlag of the German Democratic Republic Oos-Duitsland
Alma materUniversiteit van Leipzig
Universiteit van Kiel
Universiteit van Bristol
Universiteit van Edinburgh
BeroepWetenskaplike, spioen
Ouer(s)Emil Fuchs en Else Wagner

Die seun van 'n Lutherse predikant, Fuchs, het aan die Universiteit van Leipzig gestudeer, waar sy vader 'n professor in teologie was, en betrokke geraak by studentepolitiek, en by die studentetak van die Sosiaal-Demokratiese Party van Duitsland (SPD) en die Reichsbanner Schwarz-Rot-Gold- aangesluit, die SPD se paramilitêre organisasie. Hy is in 1932 uit die SPD geskors en het by die Kommunistiese Party van Duitsland (KPD) aangesluit. Hy het weggekruip na die Reichstag-brand in 1933 en gevlug na die Verenigde Koninkryk, waar hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Bristol onder toesig van Nevill Mott ontvang het, en sy DSc aan die Universiteit van Edinburgh, waar hy as assistent vir Max Born, gewerk het.

Nadat die Tweede Wêreldoorlog in Europa uitgebreek het, is hy in die Isle of Man en later in Kanada geïnterneer. Nadat hy in 1941 na Brittanje teruggekeer het, word hy 'n assistent van Rudolf Peierls en werk by die 'Tube Alloys' - die Britse atoombomprojek. Hy begin inligting oor die projek aan die Sowjetunie deurgee deur Ursula Kuczynski, met die kodenaam "Sonya", 'n Duitse kommunis en 'n majoor in die Sowjet-militêre intelligensie wat saam met Richard Sorge se spioenasiering in die Verre Ooste gewerk het. In 1943 is Fuchs en Peierls na die Columbia Universiteit, in New York Stad, om by die Manhattan-projek te werk. In Augustus 1944 het Fuchs by die Los Alamos-laboratorium aangesluit by die Afdeling Teoretiese Fisika, onder Hans Bethe. Sy vernaamste kundigheidsgebied was die probleem van inploffing wat nodig was vir die ontwikkeling van die plutoniumbom. Na die oorlog keer hy terug na die Verenigde Koninkryk en werk hy by die Atomic Energy Research Establishment in Harwell as hoof van die Afdeling Teoretiese Fisika.

In Januarie 1950 het Fuchs erken dat hy 'n spioen was. 'n Britse hof het hom tot veertien jaar gevangenisstraf gevonnis en van sy Britse burgerskap gestroop. Hy is in 1959 vrygelaat, nadat hy nege jaar gedien het, en het na die Duitse Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland) geëmigreer, waar hy tot die Akademie van Wetenskappe verkies is en 'n lid van die Sentrale Komitee van die Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland (SED) geword het. Hy is later aangestel as adjunkdirekteur van die Instituut vir Kernnavorsing in Rossendorf, waar hy gedien het totdat hy in 1979 afgetree het.

Bronne

  • Baylis, John (1995). Ambiguity and Deterrence: British Nuclear Strategy 1945–1964. Oxford: Clarendon Press. ISBN 0-19-828012-2. OCLC 32700008.
  • Bernstein, Jeremy (Maart 2010). "John von Neumann and Klaus Fuchs: an Unlikely Collaboration". Physics in Perspective. 12 (1): 36–50. Bibcode:2010PhP....12...36B. doi:10.1007/s00016-009-0001-1. ISSN 1422-6944. S2CID 121790196.
  • Brown, Anthony Cave; MacDonald, Charles B. (1981). On a Field of Red: the Communist International and the Coming of World War II. New York: Putnam. ISBN 978-0-399-12542-3. OCLC 6421801.
  • Goodman, Michael (Julie 2005). "Who Is Trying to Keep What Secret From Whom and Why? MI5-FBI Relations and the Klaus Fuchs Case". Journal of Cold War Studies. 7 (3): 124–146. doi:10.1162/1520397054377160. ISSN 1531-3298. S2CID 57560118.
  • Greenspan, Nancy Thorndike (2005). The End of the Certain World: The Life and Science of Max Born. New York: Basic Books. ISBN 0-7382-0693-8. OCLC 56534998.
  • Goncharov, German A. (1996). "American and Soviet H-bomb development programmes: historical background" (PDF). Physics-Uspekhi. 39 (10): 1033–1044. Bibcode:1996PhyU...39.1033G. doi:10.1070/pu1996v039n10abeh000174. ISSN 1063-7869. Besoek op 16 Mei 2013.
  • Hoffmann, Dieter (Desember 2009). "Fritz Lange, Klaus Fuchs, and the Remigration of Scientists to East Germany". Physics in Perspective. 11 (4): 405–425. Bibcode:2009PhP....11..405H. doi:10.1007/s00016-009-0427-5. S2CID 122995548.
  • Holloway, David (1994). Stalin and the Bomb: The Soviet Union and Atomic Energy, 1939–1956. New Haven, Connecticut: Yale University Press. ISBN 0-300-06056-4. OCLC 29911222.
  • Laucht, Christoph (2012). Elemental Germans: Klaus Fuchs, Rudolf Peierls, and the making of British Nuclear Culture 1939–59. Houndmills, Basingstoke, Hampshire: Palgrave Macmillan. ISBN 978-0-230-35487-6. OCLC 774489660.
  • Moss, Norman (1987). Klaus Fuchs: the Man who Stole the Atom Bomb. New York: St. Martin's Press. ISBN 978-0-312-01349-3. OCLC 16277749.
  • Norris, Robert S.; Bernstein, Jeremy; Zimmerman, Peter D. (Julie 2009). "An Uncertain Train of Nuclear Events". The Nonproliferation Review. 16 (2): 293–301. doi:10.1080/10736700902969729. ISSN 1073-6700. S2CID 144249829.
  • Reed, Thomas C. (September 2008). "The Chinese nuclear tests, 1964–1996". Physics Today. 61 (9): 47–53. Bibcode:2008PhT....61i..47R. doi:10.1063/1.2982122. ISSN 0031-9228.
  • Rhodes, Richard (1995). Dark Sun: The Making of the Hydrogen Bomb. New York: Simon & Schuster. ISBN 0-684-80400-X. OCLC 32509950.
  • Rossiter, Mike (2014). The Spy who Changed the World. London: Headline Publishing Group. ISBN 978-0-7553-6564-7. OCLC 881346616.
  • Szasz, Ferenc Morton (1992). British Scientists and the Manhattan Project: the Los Alamos Years. New York: St. Martin's Press. ISBN 978-0-312-06167-8. OCLC 23901666.
  • Trenear-Harvey, Glenmore S. (2011). Historical Dictionary of Atomic Espionage. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 978-0-8108-7383-4. OCLC 695857029.
  • Weinstein, Allen; Vassiliev, Alexander (1999). The Haunted Wood: Soviet Espionage in America—the Stalin era. New York: Random House. ISBN 978-0-679-45724-4. OCLC 39051089.
  • Williams, Robert Chadwell (1987). Klaus Fuchs: Atom Spy. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press. ISBN 0-674-50507-7. OCLC 15520151.

Tags:

1911198828 Januarie29 DesemberDuitseFisikusKernwapenManhattan-projekOos-DuitslandSowjetunieSpioenTweede WêreldoorlogVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerkersdagDigtheidBoelierySamestellingKoperSlag van Cuito CuanavaleKaapstadse waterkrisis 2015-2018Lys van Afrikaanse skrywersAtriale fibrillasieLYsterMaanSweedsHemelvaartNoord-KaapNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySkarlakenkoorsEweknienetwerkHernubare energieAkademiaDesmond TutuErfenisdag (Suid-Afrika)TafelbergLys van musiekinstrumenteSendelingposisieMaatskappyBlaarBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Aarde se atmosfeerSelfstandige naamwoordKaapstadMisdaadromanMisdaadHartTussenwerpselLenteViëtnamoorlogGreen PornoFinale OplossingGianna MichaelsVrystaatShakaEugenetikaTuberkuloseSelfmoordVincent van Gogh3D-rolprentWolfKappie (skryfteken)Jode in Suid-AfrikaNG gemeente JansenvilleSeksuele opwekkingNederduitse Gereformeerde KerkAlkoholismeJan-Willem BreureFraktuurHipoteseDiarreeImpakte van toerismeIsraelHoopHulpwerkwoordKindermishandelingGeldeenheidWoestynMuskeljaatkatAlliterasieTolla van der MerweVrouVreesBrongitisSuid-SothoPeriodieke tabelVerenigde State van AmerikaVulkaanGriekwa-Afrikaans🡆 More