Klassieke Oudheid

Die klassieke Oudheid is die tydperk van kulturele geskiedenis tussen die 8ste eeu v.C.

en die 6de eeu n.C. wat in die gebied om die Middellandse See gesentreer was. Dit sluit die ineengeskakelde beskawings van antieke Griekeland en antieke Rome in wat bekend is as die "Grieks-Romeinse wêreld". Dit is die tydperk waarin beide die Griekse en Romeinse gemeenskap gefloreer en groot invloed oor ’n groot deel van Europa, Noord-Afrika en Wes-Asië uitgeoefen het.

Klassieke Oudheid
Die Parthenon stel die antieke Griekse kultuur voor en is een van die herkenbaarste simbole van die klassieke Oudheid.

Die begin daarvan word gewoonlik beskou as die vroegs aangetekende Griekse eposse van Homeros (8ste-7de eeu v.C.), en dit duur deur die opkoms van die Christendom (1ste eeu n.C.) en die val van die Wes-Romeinse Ryk (5de eeu n.C.). Dit eindig met die agteruitgang van die klassieke kultuur tydens die laat Oudheid (250-750), ’n tydperk wat oorvleuel met die vroeë Middeleeue (600-1000). Dit dek dus ’n groot omvang van geskiedenisse, gebiede, kulture en tydperke.

Die kultuur van die antieke Grieke, saam met sommige invloede van die antieke Nabye Ooste, was die basis van Europese kuns, filosofie, gemeenskap en opvoeding, tot met die tyd van die Romeinse Ryk. Die Romeine het dié kultuur bewaar, nagemaak en oor Europa versprei totdat hulle self daarmee kon meeding, en die klassieke wêreld het Latyn sowel as Grieks begin praat.

Dié Grieks-Romeinse kultuurbasis was uiters invloedryk wat betref die taal, politiek, reg, opvoedingstelsels, filosofie, wetenskap, oorlogvoering, poësie, historiografie, etiek, retoriek, kuns en argitektuur van die moderne wêreld. Oorblywende fragmente van die klassieke kultuur het tot ’n herlewing gelei wat in die 14de eeu begin het en later bekend was as die Renaissance. Verskeie neoklassieke herlewings het in die 18de en 19de eeu plaasgevind.

Verwysings

Skakels

  • Klassieke Oudheid  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Antieke GriekelandAntieke RomeEuropaMiddellandse SeeNoord-AfrikaWes-Asië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameHondeklipbaaiDulcie van den BerghMadison IvyStres in hoërskoolBiologieJohannesburgAppelKoppeltekenLetterlike en figuurlike taalgebruikSamaritaneLeeuPornografiese akteurTelwoordOrtopedieMalariaNepotismeDirekte en Indirekte redeHomoseksualiteitAnale seksLika BerningVrouDwelmmiddelOu Apostoliese KerkGoogle TranslateAnorexia nervosaSaadKaaps-Hollandse stylVoortrekkermonumentJohannes MeintjesStresSkildklierEl NiñoKameelWêrelderfenisgebiedDuifBotswanaSolidariteitKolonialismeVoorsetselLetterkundeVerkoueEllipstekenWoordsoortGeldeenheidWurmBloedsomloopstelselWerkloosheidSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureToerismeVerassingVoedingOmnivoorKinderarbeidBloukraanvoëlEwenaarOnse VaderKinderregteIslamitiese kalenderEjakulasieMosesWerkTweede WêreldoorlogVoortplantingKabelstutbrugMaatskappyNG gemeente BloemfonteinMansa MusaIngenieursweseTshwane-Universiteit vir TegnologieSoortnaamLiefdeVigsMosambiekse spoegkobraAnrich HerbstWalvisjag in Suid-AfrikaSwam🡆 More