Kisjlak

'n Kisjlak (Russies: кишлак, kisjlak; Aserbeidjans: qışlaq; Kasaks: қыстау, kistai; Tataars: кышлау, kisjlai; Tadjiks: қишлоқ, kisjlok; ensovoorts) is 'n permanente plattelandse dorp in sommige lande waar boere tradisioneel die winter in die berge deurgebring het.

Die woord kisj beteken in baie Turkse tale "winter". Die term word gebruik in Azerbeidjan, Afghanistan en Sentraal-Asië..

Kisjlak
'n Kisjlak in die berge van Tadjikistan.

Beskrywing

'n Kisjlak was aanvanklik 'n plek waar nomades in die winter oorgebly het. Die Russiese woord is uit die Turkse tale oorgeneem.. Die term het 'n antoniem: jailak, wat "somerhuis", of datsja, beteken.

Die huise in byna al dié soort dorpe was deur 'n klipheining omring. Daar was 'n put op die erf, asook 'n grond- of klei-oond waarin met hout of mis vuurgemaak is. Daar was geen rioolstelsel nie, en dit is vandag nog skaars op dié dorpe.

Benewens die woonhuise, was die basaar, moskee en begraafplaas belangrike plekke op die dorp. Die inwonertal het gewissel tussen sowat 20 en 5 000.

Galery

Verwysings

Skakels

  • Kisjlak  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Russiese Wiki vertaal.

Tags:

Kisjlak BeskrywingKisjlak GaleryKisjlak VerwysingsKisjlak SkakelsKisjlakAfghanistanAserbeidjansAzerbeidjanKasaksRussiesSentraal-AsiëTadjiksTataarsTurkse taleWinter

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse etniese groepe en kultureCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaCristiano RonaldoMenseregteMynbouGemeenskapDaggaSirkelKlavierFabelHipoteseWetenskapBreinMonumentEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaRassismeByvoeglike naamwoordMusieksimbolePseudowetenskapVormHigiëneDokterKolonoskopieMona LisaWitbloedselHamburgerYouTubeMorfeemBynierAkuutSoutsuurKonsentrasiekampAluminiumMuskietSpringbokAlkoholismeSenuweestelselRooikatHartaanvalKommunismeAssonansieGordelroosHartversakingKindersiektesWolfBloedsomloopstelselKlimaatsverandering in Suid-AfrikaRobbeneilandFinale OplossingDonkieLandbouAntoniemOnomatopeeVoedingSelakantEkonomie van Suid-AfrikaKrygkorMuishondGeelsugKolorektale kankerToerismeEk is 'n Afrikaan (toespraak)StaalPad na jou hartVierkantswortelPlantluisFinansiële staatDeelwoordMaagsweerSonpaneelSelfvertroue🡆 More