Kewer-Newel

NGC 6302, ook bekend as die Kewer-newel of Skoenlapper-newel, is ’n simmetriese planetêre newel in die sterrebeeld Skerpioen.

Dit het een van die ingewikkeldste strukture van enige planetêre newel. Die spektrum van NGC 6302 wys sy sentrale ster is baie warm, met ’n oppervlaktemperatuur van meer as 200 000 kelvin – dit dui daarop dat die ster waarvan dit gevorm het, baie groot moes gewees het.

NGC 6302
NGC 6302, die Kewer-newel.
NGC 6302, die Kewer-newel.
Sterrebeeld Skerpioen
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 13m 44.211s
Deklinasie -37° 06′ 15.94″
Skynmagnitude (m) 7,1
Absolute magnitude (M) -3
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 3 400
Skynbare grootte >3′.0
Ander name
Skoenlapper-newel, PK 349+01 1, Sharpless 6, RCW 124, Gum 60, Caldwell 69
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Eienskappe

Die sentrale ster, ’n witdwerg, is maar onlangs met die Hubble-ruimteteleskoop ontdek. Dit het ’n massa van sowat 0,64 sonmassas. Dit word by die ewenaar omring deur ’n besonder digte skyf van gas en stof. Daar word geglo die digte skyf het veroorsaak dat die ster se uitvloei ’n simmetriese struktuur soos ’n uurglas gevorm het.

Benewens NGC 6302 se twee hooflobbe, is daar tekens van ’n sekondêre paar lobbe uit ’n vorige fase van massaverlies. ’n Donker strook lê al langs die middel van die newel, en dit verberg die sentrale ster by alle golflengtes.

Die grootste lob van die newel, aan die noordwestekant, strek tot sowat 3 boogminute weg van die sentrale ster en het moontlik 1 900 jaar gelede gevorm vanweë ’n ontploffing. Die westekant van die lob dui op ’n botsing met gas wat die uitvloei in dié rigting beïnvloed het.

Verwysings

Eksterne skakels

17h 13m 44.211s, −37° 06′ 15.94″

Tags:

KelvinPlanetêre newelSkerpioen (sterrebeeld)SpektraallynSterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Demi Lee MooreTurksvyOu Apostoliese KerkPenisFiksieSuid-AfrikaRacheltjie de BeerAalwynBloedvergiftigingWayback MachineFrankrykEuropaOntbinding van die SowjetunieAfkortingGoeie VrydagBruin huisslangTuberkuloseSally EsterhuizenSeksuele opwekkingVrymesselaryFritz HaberLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKalenderMuskeljaatkatJeugdagNoord-KaapSonsverduisteringBrasiliaanse nasionale rugbyspanKoorsModernismeAuschwitz-konsentrasiekampBreinvliesontstekingBaltimoreJaco du PlessisWladimir PoetinAardverwarmingAntieke EgipteProstaatklierNAVOVyfsterEekhoringBloemfonteinAntarktikaGoogle TranslateDonderstormErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2GhanaJoodse kalenderWikisourceKuberkrakerAfrikaanse woordelys en spelreëlsTrappe van vergelykingRooibokBorsklierArmand AucampAkira ToriyamaKanadese nasionale krieketspanAarde se atmosfeerAfrikaanse naguilBatmanOntsteking (geneeskunde)KarpaletonnelsindroomJapanPerdHorlosieGeografie van Suid-AfrikaAnilingusEerste WêreldoorlogWortelkanaalPalmsondagHematuriePsigopatieRoekelose Dade🡆 More