Kerk Van Skotland

Kerk van Skotland


Kerk Van Skotland


Nasionale kerk van
Vlag van Skotland Skotland


Geloofsrigting

Calvinisme


Organisasievorm

Presbiterianisme


Gemeentes

1 329


Ledetal

330 000 (2020)


Webtuiste
churchofscotland.org.uk

Die Kerk van Skotland (Engels: Church of Scotland, Skots: The Scots Kirk, Skots-Gaelies: Eaglais na h-Alba, informeel bekend as the Kirk) is die nasionale kerk van Skotland. Naas sy Protestantse en Presbiteriaanse karakter word die Kerk van Skotland gekenmerk deur die aanvaarding van menings-, spraak- en gedagtevryheid ten opsigte van kwessies wat nie die grondbeginsels van die Geloof raak nie en akkommodeer dus 'n verskeidenheid teologiese strominge wat hulself – in terme van hul leerstellings, etiese waardes en uitleg van die Skrif – as liberaal of behoudend sou beskryf.

Die Kerk van Skotland voer sy historiese wortels terug na die begin van die Christelike tydperk in Skotland omstreeks 400, alhoewel sy identiteit veral deur die Protestantse Hervorming in 1560 en die werk van kerkhervormers soos John Knox gevorm is. In Desember 2013 was 7,5 persent van die bevolking van Skotland – of 398 389 persone – belydende lidmate, alhoewel 'n merkbaar groter persentasie van die Skotse bevolking – 27,8 persent of 1,5 miljoen – hulself in die Jaarlikse Skotse Huishoudingsopname van 2014 (2014 Scottish Annual Household Survey) as aanhangers van die Kerk beskryf het. Dié persentasie was selfs hoër in die sensus van 2011 toe 32,4 persent hulself as aanhangers beskryf het.

Geskiedenis

Terwyl die Kerk van Skotland sy vroegste wortels in die tyd van die kerstening van Skotland het, is sy identiteit gevorm deur die Skotse Reformasie van 1560. In dié tyd het baie aanhangers van die destydse kerk in Skotland hul bande met Rome verbreek gedurende 'n proses van Protestantse kerkhervorming waarin, naas ander teoloë, John Knox 'n leidende rol gespeel het.

Kerkbeleid

Ordinasie van vroue JA Sedert 1968
Kerklike huwelike van geskeides JA Toestemming van predikant vereis
Selfdegeslaghuwelike JA Volgens besluit van die Algemene Vergadering op 25 Mei 2017. Toepassing in die nabye toekoms
Roudienste en begrafnisse vir nie-lede JA Deur predikant in betrokke parogie

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VulkaanSout (chemiese stof)SeilvaartDwelmonttrekkingLimfvatstelselBorskankerHabitatCarles PuigdemontKoerantPretoriaBaarmoederMaatskappyGroepsdrukTermietAdolessensieMielieIdioomLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsJagluiperdSkilpadVerkoueDistrik SesDemografie van Suid-AfrikaLeonardo da VinciSwart menseOlimpiese Somerspele 2024Lys van Kaapstad se voorstedeAntjie KrogSuiwelprodukFilosofieNatriumsuperoksiedHipertensieFossielbrandstofVerkleinwoordLeierImpakte van toerismePlae van EgipteSkoenlapperAnette EngelbrechtBergSuid-Afrikaanse randGriepTuisbladMiddelmisbruikUnited Democratic FrontWoordsoortGestremdheidBosvarkMasturbasieHerfsGeskiedenis van die AardeJode in Suid-AfrikaLetterkundeKatoenSeevlakstygingGoogleRookgewoontePersentasieProteïenTweede WêreldoorlogLyfstraf in skoleGetalSonpaneelSeeCorioliskragJeuksiekteVoedselverwerkingMenslike seksuele gedragOnderwerp (taalkunde)AkuutTitaanSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994🡆 More