Kentani is 'n klein dorpie in die voormalige Transkeistreek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Die dorpie lê tussen die kus en Butterworth. Die dorpie is vernoem na 'n plaaslike hoofman wat sy hoofkwartier op 'n nabygeleë koppie gehad het. Die koppie se naam was kwaCentane "die plek van Centane".
Kentani | |
---|---|
Koördinate: 32°31′0″S 28°19′0″O / 32.51667°S 28.31667°O 28°19′0″O / 32.51667°S 28.31667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Mnquma |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,39 km2 (1,69 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 1 456 |
• Digtheid | 332/km2 (860/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 0.8% |
• Swart mense | 96.2% |
• Ander | 1.7% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 93.2% |
• Engels | 1.7% |
• Ander | 5.1% |
Skakelkode | 047 |
Dit is waar die laaste slag van die negende en laaste grensoorlog (1877-1878) plaasgevind het. Op 7 Februarie 1878 het ongeveer 5 000 Gcaleka en Ngqika onder bevel van aanvoerders Sandile en Sarhili die fort aangeval. Kaptein R. Upcher was in bevel van die garnisoen van 'n 1 000 man; die helfte was Fingo's. Die aanvallers is deur hulle toordokter oortuig dat hulle teen koeëls bestand was gevolglik het hulle 'n massa-aanval gedoen. Die gevolg was dat meer as 300 van die aanvallers dood is en die res verstrooi en tot in die berge agtervolg is. Hoofman Sandile het na die Groot-Keirivier gevlug.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kentani, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.