Keniaanse Rugbyunie

Die Keniaanse Rugbyunie (Engels: Kenya Rugby Union, afgekort “KRU”; Swahili: Shirikisho la Raga Kenya) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Kenia beheer.

Die beheerliggaam is in 1970 gestig en in Nairobi gesetel. Sedert 1990 verteenwoordig dit Kenia by Wêreldrugby en sedert 1986 ook by Rugby Afrika (“RA”).

Keniaanse Rugbyunie
Kenteken van die Keniaanse Rugbyunie
Kenteken van die Keniaanse Rugbyunie
Engelse naam Kenya Rugby Union
Afkorting KRU
Swahili-naam Shirikisho la Raga Kenya
Land Vlag van Kenia Kenia
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Stigting 1970
Gestig in Nairobi, Kenia
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1990
Vastelandse beheerliggaam Rugby Afrika
Setel Nairobi, Kenia
President Alexander Mutai
Hoof- uitvoerende beampte Thomas Odundo
Amptelike tale Engels en Swahili
Amptelike webwerf kru.co.ke

Geskiedenis

Die Rugbyvoetbalunie van Kenia (Engels: Rugby Football Union of Kenia, “RFUK”) is oorspronklik in Augustus 1921 gestig en het teen 1923 operasioneel geword met die vorming van die eerste Nairobi-klubs, Nondescripts RFC en Harlequin RFC. In 1953 het die rugbyunies van Tanganjika en Uganda by die RFUK aangesluit om die Rugbyvoetbalunie van Oos-Afrika (Engels: Rugby Football Union of East Africa, “RFUEA”) te word, ter verteenwoordiging van die kolonies van Brits-Oos-Afrika. In 1956 is die RFUK ontbind omdat die meeste distriksunies reeds direk aan RFUEA verbind was. In 1970 is die huidige Keniaanse Rugbyunie in Nairobi gestig en het in 1990 ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was die Keniaanse Rugbyunie ’n stigtingslid van die kontinentale beheerliggaam Konfederasie van Afrikarugby (Engels: Confederation of African Rugby; Frans: Confédération Africaine de Rugby; nou Rugby Afrika) wat in 1986 in Tunis deur agt beheerliggame gestig is.

In 2016 het die Keniaanse Rugbyunie ’n borgskapstransaksie met Sportpesa ter waarde van KES 607 miljoen aangekondig; dit is die winsgewendste borgskapstransaksie in die Keniaanse rugbygeskiedenis, en sal nie net die sewes- en mansspanne borg nie, maar ook die vroue- en jeugspanne. In September dieselfde jaar het Keniaanse Rugbyunie formeel aansoek gedoen om aan die Suid-Afrikaanse Curriebeker deel te neem.

Taak

Die Keniaanse Rugbyunie organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Kenia se nasionale seniorrugbyspan vir mans (die Simbas), vroue en jeug. Die KRU hou ook toesig oor sewesrugby in Kenia en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Keniaanse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Naas die amptelike nasionale span roep die Keniaanse Rugbyunie ook ander keurspanne byeen. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Kenia. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander rugbylande beskik Kenia oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem. Die Kenia Sevens is die Keniaanse sewesrugbyspan.

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die hoogste rugbyliga in Kenia is die Keniaanse Beker met elf klubspanne. Spelers met groter ambisies draf uit vir die keurspan Simbas wat aan die Suid-Afrikaanse Curriebeker deelneem. Sedertdien is die meeste spelers van die Keniaanse nasionale span uit dié keurspan afkomstig of speel vir ander Suid-Afrikaanse spanne. Van die ander spelers is veral in Europa aktief. Die unie deel ’n tuisveld, die RFUEA-veld in Nairobi, met Kenia Harlequins.

Kenteken

Die Keniaanse Rugbyunie se kenteken toon ’n Leeu, Kenia se wapendier, en die belettering KENYA RUGBY. Die nasionale span se bynaam is Simbas (“die leeus”).

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Keniaanse Rugbyunie GeskiedenisKeniaanse Rugbyunie TaakKeniaanse Rugbyunie KentekenKeniaanse Rugbyunie Sien ookKeniaanse Rugbyunie VerwysingsKeniaanse Rugbyunie Eksterne skakelsKeniaanse RugbyunieEngelsKeniaNairobiRugbyRugby AfrikaSewesrugbySwahiliWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OudtshoornCleopatra VIIAartappelD.J. OppermanStaatstoelaeKerngeneeskundeAardedagAmhariesNasiebouKommaKongo-krisisDeelwoordJo BlackRacheltjie de BeerKinkhoesDolfynSwawelReg tot ‘n gesonde omgewingKappie (skryfteken)HorlosieGoogleMierViëtnamSeksualiteitEienaamSiekteCalviniaOranjerivierJeugdagMartin Luther King jr.DieregeluideKolitisJaco JacobsRoesNierversakingGoudkus (streek)Morfologie (taalkunde)LoodSias ReineckeMuishondKunsmatige intelligensiePrimêre sektor van die ekonomiePseudowetenskapTopsy SmithGlasLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaTrekarbeidWater (molekuul)Refentse MorakeSirkusSoogdierAkroniemJaar3D-rolprent20ste eeuSwartrenosterCarles PuigdemontAarde se atmosfeerEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSenuweestelselKoos BekkerEkonomiese sektorKarooOrtopedieVakbondNG gemeente JansenvilleByNoord-KaapKernkragBlack SashDiepaartromboseDawidGrondwetWaterkringloopVaginaMonopoly🡆 More