Vitamien A

Vitamien A is 'n komplekse vetoplosbare vitamien wat in twee vorme voorkom:

Vitamien A
Vitamien A se chemiese struktuur
Vitamien A ruimtevullend
Chemie
Chemiese formule C20H30O
Molêre massa 286.4516 g/mol
Oplosbaarheid
CAS registernommer 68-26-8

  • Retinol
  • Betakaroteen

Vitamien A (retinol of akseroftol) kan in die menslike dunderm van die provitamien karoteen vervaardig word. Veral groente soos wortels en pampoen (die met donkergeel kleure) is 'n goeie bron hiervan. Die gebreksiekte wat ontstaan weens 'n vitamien A-tekort is nagblindheid (hemeralopie), want vitamien A is noodsaaklik om 'n verbinding met gesigspurper (rodopsien) te vorm.

Die proteïen kom in die stafies van die retina voor en dit maak sig in die donker moontlik. Xeroftalmie, 'n toestand waarby die bindvlies van die oog (konjunktiva), en in sommige gevalle ook die horingvlies (kornea), uitdroog, is 'n gebreksiekte wat ook deur 'n vitamien A-tekort veroorsaak word. Die gebreksiekte is een van die grootste oorsake van blindheid by kinders in Afrika en Asië.

Indien die slagoffers vroegtydig met vitamien A behandel word, kan die siekte genees word, maar as die pasiënt eers blind is, is die toestand blywend. Die vel kan ook tydens 'n gebrek 'n abnormale keratinisasie ondergaan, sodat dit droog en skurf word.

Bronne

Alle lewende organismes benodig vitamien A, maar mense en diere kan dit nie self sintetiseer nie. Dit moet uit hul dieet verkry word.

Bron

Tags:

Vitamien

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MagnetismeKaapse florarykGeelsugGroot GatVoedingSportRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Cheslin KolbeRymGeslagAkroniemSelfieMeningsverskil oor aardverwarmingEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLabia (geslagsdele)BeesHeuningKartografieNasionale VrouedagSuid-Afrikaanse GrensoorlogAlliterasieErfenisWaterpokkiesNelson MandelaOorstromingLarry PageSwart menseE-posLys van politieke partye in Suid-AfrikaGesondheidMiddeloorontstekingDroomBorsOrale seksSlawernyConsolidated B-24 LiberatorRobert SobukweLys van kinderspeletjiesBeesvleisSamestellende afleidingVoegwoordTrigeminale neuralgieSlangSaartjie BaartmanGroot TrekInfeksieLetterkundeKunsmatige intelligensieMynbouWetenskaplike klassifikasieBloemfonteinWeeluisVoortrekkermonumentHartversakingOraniaOmtrek, oppervlakte en volumeBywoordSwangerskapLys van nedersettings in Suid-AfrikaRubik se kubusPolisieEmo AdamsInentingSlaginstrumentOu Apostoliese KerkSpringbokKoerantKaapstadse waterkrisis 2015-2018SoutsuurKoolstofdioksiedSowjetunieGordelroosSosiale mediaSpinnekopLuiperdAluminiumRumatiekKimberley🡆 More