Karlovy Vary

Karlovy Vary (Duits: Karlsbad, vroeër ook Carlsbad), geleë in die weste van Tsjeggië, is een van die bekendste en mees tradisieryke hersteloorde ter wêreld.

Saam met twee ander hersteloorde – Františkovy Lázně (Franzensbad) en Mariënbad (Tsjeggies: Mariánské Lázně, Duits: Marienbad) – vorm Karlovy Vary die hartland van die sogenaamde Wes-Boheemse Driehoek van Mineraal- en Warmbaddens. Die stad met 'n bevolking van meer as 49 000 is in 'n nou vallei by die Teplárivier se monding in die Ohře (Duits: Eger) geleë. Voor die Tweede Wêreldoorlog was Karlsbad se bevolking nog merendeels Duitssprekend.

Karlovy Vary
Karlsbad
Karlovy Vary

Kaart Wapen
Karlovy Vary
Karlovy Vary
Vlag
Karlovy Vary
 Land Flag of the Czech Republic Tsjeggië
 Historiese streek Karlovy Vary Boheme
 Kraj (gewes) Karlovy Vary Karlovarský kraj
 Okres (distrik) Karlovy Vary
 Koördinate 50°13′50″N 12°52′21″O / 50.23056°N 12.87250°O / 50.23056; 12.87250
 Stigting 10de eeu of vroeër
 Stadstatus 14 Augustus 1370
 Oppervlakte:  
 - Totaal 59,1 vk km
 Hoogte bo seevlak 447 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2017) 49 046
 - Bevolkingsdigtheid 829,9/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe -
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -
 - Gem. temp. Januarie/Julie -
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae -
 Stadspresident (primátor) Petr Kulhánek
 Amptelike Webwerf www.karlovyvary.cz
Karlovy Vary
Karlovy Vary se beroemde warmwaterfontein, wat tot 12 m omhoog spuit en sy oorsprong in 'n breuk in die aardkors het, 2 000 meter benede die aardoppervlak, getuig van vulkanisme in die gebied. In die kollonades langsaan word die helende water gratis aan besoekers bedien wat tussen vier temperature mag kies

Die huidige stad se oorspronge strek terug tot in die 14de eeu. Volgens historiese oorlewerings het Karel IV, koning van Boheme en keiser van die Heilige Romeinse Ryk, tydens 'n jag op die warmbronne afgekom (een van sy jaghonde het per ongeluk daarin beland) en hier 'n nedersetting laat vestig wat sy naam sou dra en waaraan nog in sy eerste bestaansjaar, op 14 Augustus 1370, stadstatus toegeken is. 'n Ouer nedersetting, Wary of Vary, het hier of naby egter sedert die 10de eeu of selfs vroeër bestaan. Die warmbaddens was reeds in die 16de eeu uiters gewild by welvarende adellike families. As gevolg van brandrampe en oorstromings het min geboue uit dié tydperk bewaar gebly. So dateer die meeste van Karlsbad se argitektoniese besienswaardighede uit die stad se bloeitydperk in die 18de en 19de eeu.

Die oorheersende argitektoniese style is Neobarok en Neorenaissance. Twee Weense argitekte, Ferdinand Fellner en Hermann Hellmer, was meer as twee dekades in die destydse Karlsbad werksaam. Die prestigieuse projekte, wat hulle hier verwesenlik het, sluit die Grandhotel Pupp, die Keiserbadhuis (Kaiserbad), die stadskouburg, die Parkkollonades en die uitkyktoring Goetheblick in.

In 2021 is Karlovy Vary deur Unesco as wêrelderfenisgebied onder die sambreelterm "Historiese spa's van Europa" gelys, saam met Františkovy Lázně en Mariënbad (albei Tsjeggië); Spa (België); Baden bei Wien (Oostenryk); Bad Ems, Baden-Baden en Bad Kissingen (Duitsland); Vichy (Frankryk); Montecatini Terme (Italië); en Bath (Verenigde Koninkryk).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

DuitsFrantiškovy LázněMariënbadTsjeggiëTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GalblaasTegnologieFranse RewolusieAkroniemSoortnaamSkaapJansenvilleVincent van GoghTydYsbeerSwartrenosterNarsismeBorsKarooStam (taalkunde)Lys van Nederlandse skildersVeerIntensiewe vormGoogleHadedaAtoomEweknienetwerkRassisme in AfrikaKersfeesAlkoholismeSonnestelselKwaZulu-NatalGreen PornoVleilandHartaanvalWapen van NamibiëSias ReineckeBlack Sash7de LaanLys van musiekinstrumenteDuitslandKoppeltekenMiddelmisbruikWortelJodeLyfstraf in skoleRenosterDesimale breukePablo PicassoEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaPoesGrondsoorteKontinentEngelsNatuurrampStadLeonardo da VinciInligtingHernubare energieChristiaan Frederik BeyersChapmanspiek-rylaanVierde Industriële RevolusieApartheidBruin menseSweedsDemokratiese Republiek die KongoToestand van materieGroot DepressieWitbankLys van Suid-Afrikaanse skrywersPaddaOseaanbesoedelingPesachAarverkalkingWiki CommonsAfvalbestuurFraktuurSeksualiteitRassisme3D-rolprentSilwerMot🡆 More